Soorte resepte:

Een van SA se beste restaurante sluit sy deure

Sjef Chantel Dartnall (Foto: Restaurant Mosaic by The Orient Hotel)

Ná 15 jaar gaan een van Suid-Afrika se beste en mees bekroonde restaurante, Restaurant Mosaic by The Orient Hotel in Elandsfontein, sy deure sluit, het hoofsjef Chantel Dartnall aangekondig.

Jaar ná jaar is Restaurant Mosaic as een van Suid-Afrika se beste restaurante aangewys en Dartnall sélf het ook al talle plaaslike en internasionale toekennings ontvang. Een van die grootstes was toe sy in 2017 by die Best Chef-toekennings as die beste vrouesjef ter wêreld aangewys is. By dié geleentheid was sy ook die enigste Suid-Afrikaanse sjef onder die top-100 sjefs ter wêreld.

Dartnall sê haar doel toe sy die restaurant in 2006 begin het, was om die Suid-Afrikaanse kulinêre landskap bloot te stel aan die finesse, geur en kunstenaarskap van haar styl van botaniese kookkuns.

‘n Dis by Restaurant Mosaic (Restaurant Mosaic by The Orient Hotel)

“Ek is trots daarop dat ek ʼn plaaslike pionier vir botaniese kookkuns kon wees, en dit was verblydend om te sien dat ʼn verskeidenheid van ander sjefs en restaurante soortgelyke aspekte in hul eie kuns begin insluit het,” sê sy in ʼn verklaring.

‘n Dis by Restaurant Mosaic (Restaurant Mosaic by The Orient Hotel)

Sy sê sy en haar span het alles bereik waarvoor hulle kon gehoop het en dat hulle nou ʼn trotse nalatenskap agterlaat as een van die top-fynproewer restaurante in Suid-Afrika.

Dartnall sê sy weet nie nog nie wat met die restaurant se ruimte gaan gebeur nadat hulle weg is nie, maar sy sê wel sy weet dit is tyd vir haar om daardie hoofstuk van die boek toe te maak en ʼn nuwe een uit die rak te haal.

Sy sal nou tyd maak vir meer persoonlike en gesinstyd en haar tyd sal verdeel word tussen haar geheime wegbreek in die Suid-Kaap en haar blyplek in Parys waar sy nuwe projekte sal aanpak.

“Chantel sien ook uit na talle uitnodigings wat sy van sjefs reg oor die wêreld ontvang het om in hul kombuise te kom kosmaak,” lui die verklaring.

Chantel Dartnall spesialisieer in botaniese kookkuns (Foto: Restaurant Mosaic by The Orient Hotel)

Dartnall sê die inperkingstydperk het haar kans gegee om bestekopname te doen, en dat sy daarna besluit het dat dit die beste keuse vir haar is.

“Ek oorweeg hierdie brawe nuwe avontuur al vir ʼn tydjie, en dié [inperkings-] periode het gehelp om my besluit te neem. Ons het bereik wat ons wou en ons kyk terug na die afgelope 15 jaar met dankbaarheid en nederigheid, en ter selfdertyd sal ek die nuwe uitdagings omarm,” sê sy.

Restaurant Mosaic het ʼn laaste “Best of Mosaic”-sitting aan die publiek beskikbaar gestel, wat die laaste ronde etes sal wees wat by dié bekroonde restaurant bedien sal word, met hul laaste rondte op 26 Maart 2021. Al die plekke vir dié sittings is binne ʼn paar dae reeds opgeraap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

MrMagic ·

Hierdie inperkings is ‘n gemors, doen soveel skade aan die mensdom. Alle sterkte vir die toekoms Chantel.

Riaan ·

Nee dankie, dit is seker maar vir mense wat bereid is om te betaal vir iets wat mooi voorberei is, maar nie die honger gaan stil nie. Daarvoor moet jy op pad huistoe stop by die 24 uur KFC.

JohanR ·

Riaan….sou nie se ek het ooit by Restaurant Mosaic uitgekom nie, maar kon jy ‘n groot bord vleis, rys, aartapels en pampoen daar kry?

annie ·

Chantel jy en Jan wys die wèreld dat ons Suid-Afrikaners kàn. Ons hoop jul liggies skyn nog helderder die toekoms in.

JohanR ·

Al die plekke vir dié sittings is binne ʼn paar dae reeds opgeraap – sal maar daar by die asblikke rondhang. Maar stem saam….die ANC het rerig ‘n gemors van die inperking gemaak. Hier by my is daar seker soe 15 besighede wat ek al gesien het wat hulle deure toegemaak het. Wie in SA het elke laaste dag van die maand gedurende die inperking nog hulle salaris in hulle bankrekenig gekry? Ja die wat vir en in die goverment gewerk het. Hulle het nie vir een oomblik ge-suffer nie!

Hendrik ·

Die lang en die kort is die inperking moet stop om die ekonomie te red!

koos10 ·

Mr Magic en Hendrik. Ek het die artikel 3 maal gelees en kon niks kry waar sy die inperking vir die resturant se toemaak blameer het nie.

Piet parys ·

Ja hulle hoef ni alles te sê nie. Net logies as n so n besigheid of enige ander besigheid vir maande nie kliente het nie kan jy nie voortbestaan nie !!

Androclus ·

Dis waar Koos10 ek het nêrens gelees sy blameer die inperking vir die sluit van haar deure nie.Die inperking was in ‘n mate nodig vir die land.

Andre ·

Kan dit nie glo nie … jammer glad nie verbaas nie met die afrika ekonomie wat rampokker wil afdwing.
Sterkte Chantelle vir die pad voorentoe.
Julle bediening van julle geregte is wereld klas

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.