Een van SAUK-8 se hofaansoek geweier

Vuyo Mvoko. Foto: Twitter

Vuyo Mvoko. Foto: Twitter

Vuyo Mvoko, een van die sogenaamde SAUK-8, se aansoek om weer deur die openbare uitsaaier aangestel te word, is Vrydag in die hooggeregshof in Johannesburg van die hand gewys.

Mvoko, ʼn onafhanklike vervaardiger, het gekla dat die SAUK nie sy programme uitgesaai het nie nadat hy in die openbaar sy ontevredenheid oor die omstrede verbod op die uitsaai van gewelddadige betogings te kenne gegee het. Mvoko, wat nie in die hof teenwoordig was nie, is ook aangesê om die koste van die hofaansoek te betaal.

Mvoko is een van agt joernaliste wat onlangs deur die SAUK in die pad gesteek is omdat hulle glo die SAUK-bestuur se “gesag ondermyn” en hul “wangedrag onhoudbaar geword het”. Mvoko was egter nie soos die ander joernaliste vas aangestel nie, maar was slegs op ʼn drie jaar kontrak by die SAUK.

Die ander joernaliste, Foeta Krige, Suna Venter, Krivani Pillay, Jacques Steenkamp, Busisiwe Ntuli, Lukhanyo Calata en Thandeka Gqubule is sedertdien weer in hul poste aangestel nadat hulle die uitsaaier hof toe gesleep het.

Kort ná die uitspraak het Mvoko getwiet: “Court has dismissed my application. Will give reasons on the 12th. Appeal? Obviously…!!!”

Joy Walker, Movko se regsverteenwoordiger, het gesê hulle is teleurgesteld met die hof se uitspraak, maar sal ʼn appèl oorweeg. “Die regter het bevind dat daar genoegsame dringendheid in die aansoek is, maar dit is op meriete van die hand gewys,” het Walker gesê.

Regter Fritz van Oosen sal volgende Vrydag sy redes vir die uitspraak gee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Wern ·

Dit sou n goeie besluit wees vir opposisiepartye of onafhanklike media in die land om hierdie eerbare man n werksaanbieding te gee want hy is iemand met waardes en verstand.

jaco ·

As hy wit was kon ek nog verstaan waarom sy hofaansoek geweier word, maar hy is swart. Waar is die ANC-beheerde SAUK se regstellende aksie dan nou?

Tong innie kies ·

My oupa het al in die 1970’s gese dat die mense mekaar gaan uitroei.Hukke begin nou so onder mekaar te baklei dat ek dink my oupa het die waarheid gepraat.Die een het sence en die ander een glad nie.Die een steel en die ander bietjie meer,en vandaar dat hul mekaar nou wil uitroei en onguns bewys.In 1994 was ek deur een van die kaders,ingelig omtrent wat in die land gaan gebeur.ALLES maar ALLES wat hy gese het,het waar geword.Miskien is hy familie van Siener van Rensburg gewees,hoewel die velkleur verskil.Blankes moet net nog bietjie vasbyt.Ons gaan agteroor sit en n bloedbad aanskou!!!!!

Adoons ·

Vuyo moet maar volgende keer vir Solidariteit vra om hom te verteenwoordig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.