Een van sogenaamde ‘suur-aanvallers’ vasgetrek

Argieffoto

Die polisie in Nelspruit het Vrydag een van die vermeende ‘suur-aanvallers’ wat ʼn man in September met suur gegooi en beroof het, vasgetrek.

Kol. Mtsholi Bhembe, woordvoerder van die polisie, het gesê die aanval het 21 September in die middestad van Nelspruit plaasgevind.

“Dié inhegtenisneming volg ná ʼn voorval waar ʼn 30-jarige man glo deur ses aanvallers genader is wat suur op hom uitgegooi het en hom van sy selfoon beroof het voor hulle van die toneel af gevlug het,” het Bhembe gesê.

Die polisie kon daarin slaag om die verdagte by sy wegkruipplek in Valencia Park op te spoor en hom vas te trek.

Bhembe het gesê die slagoffer het aanvanklik nie self ʼn saak aanhangig gemaak nie maar dat die hospitaal waar die man vir sy beserings opgeneem en behandel is die polisie gekontak het en die saak onder hul aandag gebring het.

Hy sal Maandag in die Nelspruit‑landdroshof op aanklag van roof met ʼn wapen wat nie ʼn vuurwapen is nie, verskyn.

Die polisie het ʼn beroep gedoen op ander mense wat dalk die slagoffer van ʼn soortgelyke voorval was of dalk inligting het oor die oorblywende verdagtes om kol. Ernest Maoka by 082 318 9843 te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Anoniem ·

Wat ‘n lafhartige DAAD ! ?? Waar het Jou opvoeding skeefgeloop Meneer ?

Cherokee ·

Die landdros behoort te beslis dat die aanklag nie ernstig genoeg is nie. Hy moet van veel erger aangekla word want hulle kon die slagoffer van veel meer beroof het as slegs ‘n selfoon.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.