Een van twee vas vir aanranding op countrysangeres se pa

Beeldmateriaal van die drie mans by die vulstasie.

Beeldmateriaal van die drie mans by die vulstasie.

Een van die twee mans wat na bewering die countrysangeres Mari Minnaar se pa by ʼn vulstasie buite Rustenburg in Noordwes erg aangerand het, is in hegtenis geneem.

Sers. Kelebogile Moleko, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig ʼn 32-jarige man is Woensdag in hegtenis geneem in verband met die aanranding op Jan Minnaar (68) vroeër vandeesmaand.

Dit volg ná die man hom in die teenwoordigheid van sy prokureur aan die polisie oorgelewer het nadat beeldmateriaal van hom en sy broer wyd op sosiale media versprei is, met ʼn gepaardgaande beloning. Die beloning is deur die publiek self ingesamel en spruit uit ʼn inisiatief van die aktivis en sakevrou, Helen Bloomer. Meer as R20 000 is tot dusver ingesamel. Buiten die beloning, sal dié geld ook aangewend word om Minnaar se mediese onkoste te help dek.

Jan Minnaar se vordering 'n week ná sy operasie.

Jan Minnaar se vordering ‘n week ná sy operasie.

Stan Bezuidenhout, ʼn forensiese spesialis, het ook sy dienste gratis aangebied om die mans op te spoor nadat hy van Minnaar se aanranding bewus geraak het.

Maroela Media het vroeër berig Minnaar, ʼn pensioenaris wat op ʼn kleinhoewe buite die dorp saam met sy vrou, Corrie, woon, was op 9 September die middag by die vulstasie om koeldrank te koop. Hy het pas sy twee kleinkinders, ʼn 11-jarige seun en driejarige dogter, by die skool gaan oplaai en hulle was saam met hom.

Drie mans het glo by die stasie amok gemaak en onder meer op twee vroue, wat ook kinders by hulle gehad het, geskree en hulle geïntimideer. Minnaar is deur twee van die mans aangerand toe hy glo tussenbeide wou tree om tot die vroue se redding te kom. Die mans het in twee voertuie van die vulstasie weggery.

Minnaar is ná die aanval na die Life Peglerae-hospitaal geneem waar hy in die waakeenheid opgeneem is. Albei sy wangbene is vergruis en sy neus en oogkasbene gebreek. Hy moes ʼn vyf uur lange operasie ondergaan om die skade aan sy gesig te herstel. Sy wangbene is opgebou en plate moes ingeplant word. Hy is verlede Woensdag uit die hospitaal ontslaan en sterk tuis aan.

Liza Fitchat, Minnaar se ander dogter, het Donderdag aan Maroela Media gesê dit gaan beter met haar pa, maar dat hy nog emosioneel is. “Ons is baie bly oor die nuus dat een van die verdagtes in hegtenis geneem is, maar my pa voel nou sleg en jammer daaroor omdat die man ʼn vrou en kinders het,” het sy gesê. “Hy het nog pyn en daar is geen gevoel aan die regterkant van sy gesig nie. Die spiere hang en hy ontvang nou behandeling van ʼn spesialis daarvoor.”

Fitchat het gesê sedert haar pa ontslaan is, was hy meestal bedlêend omdat hy maklik duiselig geword het. Hy het egter vandeesweek weer begin opstaan en klein takies op die kleinhoewe verrig.

Mari Minnaar het haar dank namens die familie aan Bloomer, Bezuidenhout en die publiek uitgespreek. “Ons familie waardeer die ondersteuning so baie. Baie dankie, dit is ongelooflik. Woorde kan nie beskryf hoeveel dit vir ons beteken nie. Dis net amazing dat mense so omgee en help,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Sandra ·

Moenie vir hom jammer wees nie oom Jan. Hy was arrogant toe hy n vrou, kinders en vir oom
fisies, verbaal en emosioneel verniel. Laat die gereg hom opvoed voor dat dit vir hom te laat word.

Ronald ·

Ja nee ek stem. Hulle is lafhartig om n ou mens so te slaan. Daai tipe kan net oumense vrouens en kinders aanrand. Gee hulle vir die publiek.

Ben ·

Jissie, dis darem ‘n baie braaf twee ouens daai! Oon, gaan koop vir jou ‘n “Skokstok” en dra hom in jou broeksak ten alle tye.

Madsi ·

Hoop van harte hierdie mannetjie sit tans in selle, en kom eers voor in hof NA die komende naweek………en dat hy nie borgtog toegestaan word nie…….synde dat hy besluit het om homself eers na naweek oor te gee omdat hy bang was om tyd in die selle deur te bring….hoe arrogant om te besluit wanneer dit hom pas om oor te gee né?! Wat my stom slaan is dat dit deur ons polisie toegelaat word…….werklik swak…..sê maar net

Gerd Lourens ·

Twee oorvrete lummels. Dalk nog vol goedkoop brandewyn ook.

Cindy ·

Nee Oom jy moet nie jammer vir hom voel nie. Hy het nie jammer gevoel vir wat hy aan Oom gedoen het en dit voor Oom se kleinkinders. Daai kinders gaan dit altyd onthou en dit maak n kind bang. Dan het hulle nog 2 vroue wat ook kinders by hulle gehad ge-teroriseer. Ek persoonlik dink sy vrou en kinders is baie bly hy is ge-arresteer want dink net wat hy als aan hulle dalk moes gedoen het.

Columbiana ·

Kom nou fris chris kom wys nou hoe tough jy is. Bereid om geld daarop te sit dat die lafhartige slaptjip soos ‘n baby gehuil het toe hulle hom arresteer. Boelies soos hy is mos net braaf as hulle in ‘n groepie is. Hoop hy/hulle word swaae gestraf!

MM ·

Wonder maar net as die 2 onopgevoede bullebakke ‘n vreemde vrou met kinder aanvat en nog ‘n bejaarder so aanrand terwyl sy kleinkinder by hom in die voertuig was, of hulle nie gereeld hul eie vroue timmer by die huis nie? Sien die een het reeds ‘n help my sterk wees hemp aan gehad. So oom Jan moenie jammer voel vir hulle nie. Die 2 “tappets” het nie gedink daar gaan soveel reaksie wees nie, en dan doen hulle dit nog op kamara. Die verstand gaan seker nie verder as die help my sterk wees hemp se moue nie. Hoop julle gaan tronk toe vir ‘n baie lank tyd!!!!

Wilmien ·

Ek wonder wat het die mannetjie vir homself te sê …om `n arme ou oom so aan te rand….verwaand !Ek hoop ook dat hulle hom opsluit vir die hele naweek…

GERT KRUGER ·

Moenie jammer wees nie hulle moes gedink wat hulle doen ,glo my , wonner ma net ,hulle dalk net so bly ,seker hy doen dit by die huis ook ?

Liesl Durand ·

Ek ook gewonder oor sy vrou en kids. Die skande wat hy oor hul gebring het!!!!!!

Theresa ·

Baie bly om te sien dit gaan beter! Hoop en glo dat die gevoel in gesig heeltemal sal herstel en dat als mooi heel. Wense vir emosionele heling ook. Dit is wonderlik om te hoor hoe mense saamgestaan het om te help. Dit laat my sommer baie beter voel ten spyte van al die aaklighede in die land. Baie krag en sterkte aan die hele gesin en familie (ook vriende/selfs vreemdelinge) wat bystand verleen.

Theresa B ·

Jou pa hoef nie sleg te voel oor die inhegtenisneming nie. Daardie windbol moes aan sy vrou en kinders gedink het voordat hy jou pa vir’n slaansak gebruik het. En die ander een is sy broer, so die polisie sal nie vêr hoef te soek nie. Almal gaan aan die pen ry en ek hoop hulle kry ‘n baie lang tronkstraf.

Jo ·

Dit is nou die 2 aanranders se familie se kans om op te tree – vlug van die gedrogte

m ·

Lae klas mense wat so aangaan. Kom uit agterstrate uit sonder enige opvoeding. Dis hoe hulle deur die lewe gaan deur daai soort gedrag want dis al wat hulle ken. Dink nie dis die eerste keer dat hulle so aangaan nie. Dis hulle alledaagste gedrag teenoor almal.

Chris ·

Twee vet uitgevrete …..veg n maer oompie. Genugtig hulle is braaf. Regte middeleuse gladiators.

Rina Pretorius ·

Ek wil net graag se dat die oom n hart van goud het om terwyl hy in soveel pyn en ongerief is nogtans jammer voel vir die mans en hulle gesinne, wys net hoe groot hartig hy is, ek haal my hoed vir die oom af maar geregtigheid moet geskied, hulle moet ‘n les geleer word, n mens tree nie so op nie veral nie teen ou mense en kinders en vroue nie.

NEL ·

Kan my verbeel verbeel daar was destyds ‘n see gewees in Rustenburg. Die water het weg gestrek en van die skuim het agter gebly. Nee my Oom jy moet nie sleg voel oor sy inhegtenis name nie, jy kan sien hulle werk nie en soek skoor so ver hulle gaan. Jammeroom moet hulle miskien weer van aangesig to aangesig ontmoet as die hof saak begin. Hoop hule kry hulle dag.

Stephanie ·

Jan, jy is n pragtige mens.
Maar asseblief moet hulle nie jammer kry nie. Vergewe hulle en bid vir hulle en hul families, want dis wat n christen mens doen, maar jammerte…. NEE.
Sterkte aan jou en almal wat saam met jou seer kry.

Jean ·

Hoekom vat dit so lank? Die ouens se gesigte was duidelik te sien op die beeldmateriaal en hulle name en adresse was bekend. MAAR JA , baie dankbaar een is gevang, hoop altwee word gevang en dat die reg sy gang gaan, niemand moet vir hulle jammer voel nie hulle het PRESIES geweet wat hulle doen. Sluit hulle TOE>

Wielie Walie ·

Siestog, dit klink soos iets wat my pa ook sou sê – dat hy jammer voel vir die aanrander se gesin. Ons hoop oom Jan sterk vining aan.

Willie ·

Hein,hulle moes aan hulle gesinne gedink het toe hulle hulle vuiste opgelig het.Ou truuks van hulle

Liewe heksie ·

Hein wat gaan van hul gesinne word regtig OK hul is wel wit so dalk sal hul n paar dae sit met n regstelsel soos ons sin mag mag hul n gewete he en dit deel van hul straf wees om n ander pyn en lyding te sien met hul familie as die pyn wat hul n oumens gegee het

Hein ·

“mag” dit deel van hul straf wees om hul eie gesinne te sien ly? Die vroue en veral die kinders is onskuldig hoor.

buck rodgers ·

Hein so was oom en sy klein kinders ook onskuldig asook die ander twee dames, jy kan sommer sien dis steroid junkies die broers

Frans ·

As hule sl graag wil boks hkm gaan dai 2 sterkes ni da wa geboks wil word nie da by die universities wa die strickes isi mmm te bang want da gaan hule begrafplaas toe sal erder die ou oomies pakslae gee LAFHAARTS ek sal skaam kry as ek so n ou mens moet aanrand

esthe ·

Sterkte en volkome beterskap aan die slagoffer, maar ook empatie met die aanranders se gesinne wat ongevraagd nou ook slagoffers is.

Magda ·

Dankie Frans, ek stem volkome saam met jou!! Ek voel egter so bitter jammer vir hul vroue en klein kinders !! Ek voel ook so diep en bitter jammer vir die omie en sy geliefdes…mens weet nie meer watter kant toe nie…..Sterkte aan almal wat so seer het ….uitgesluit die twee wreedaads…KARMA sal seevier

Madsi ·

Een van die beskuldigdes die uwe Gys Coetzee se vrou het die vermetelheid gehad om ‘n klag van “harassment en intimidasie”te gaan lê teen diegene wat op FB comments ens gelos het, my persoonlike opinie, die Minnaars moet druk dat sy aangekla word van regsverydeling, sy het haar man weg gesteek, wetend wat hy gedoen, sy is medepligtig……..nes hy moet sy ‘n les geleer word “how not to harbour a fugitive”………

WIEL HET GEDRAAI ·

Jammer om van jou probleem te hoor. Sjoe jy gaan besig bly hoor. Die Publiek soek hulle. Dink GYS se broer kort nog. Wat as dit jou pa was? Nee wat die bendes wag vir hulle in die tronk. Dink jul as familie het hom weggesteek so julle gaan saam tronk toe. Kry net jul kinders jammer.

Annie ·

Stem saam met Madsi – kla haar ook nou aan . Sy is ‘n medepligtige – sy moet nie hiermee wegkom nie. Oom moet nie vir hulle jammer voel nie – hulle moet geen simpatie of enige iets kry nie.

sue ·

Hein jy wil weet van van vrouens en kinders??? Wat van oom Jan se vrou en kinders??? Oom Jan moenie jammer wees nie. Jy het tenminste opgekom vir vroue en kinders. Jy is n man duisend! Baie sterkte vir oom se pad vorentoe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.