Een van Waterkloof-4 in ongeluk

Lees ook:
Tiedt se parool dalk in gedrang na ongeluk

Reinach Tiedt. Foto: SAPA

Reinach Tiedt. Foto: SAPA

Reinach Tiedt, een van die sogenaamde Waterkloof-4, was Dinsdagmiddag in ʼn ongeluk in die ooste van Pretoria betrokke.

Tiedt se pa, Chris, het aan die media bevestig sy seun was in ’n ongeluk, maar wou nie meer kommentaar lewer of oor sy toestand uitbrei nie.

Frikkie Gous, ʼn woordvoerder van Lifemed-nooddienste, het gesê ʼn ongeluk het in Moreletapark plaasgevind. Twee voertuie was in die ongeluk betrokke. “Ek kan bevestig dat ons ʼn pasiënt in ʼn stabiele toestand na ʼn private hospitaal in Pretoria se middestad geneem het,” het Gous gesê. Hy het gesê weens pasiëntvertroulikheid mag die nooddienste nie die pasiënt se naam bekend maak nie.

Emer-G-Med was ook op die toneel en het drie mense van die ander voertuig op die toneel behandel.

Die bestuurder van die ander motor, Colette Lippold, het haar twee kinders by Laerskool Constantiapark gaan haal en was op pad na hul huis in Moreletta Park toe die ongeluk gebeur het. Natasha de Jager, Lippold se vriendin en kollega, het aan Maroela Media gesê Lippold het verskeie beserings opgedoen waaronder gebreekte ribbes,’n geskeurde ligament en beserings aan haar lewer. Sy word in die hoësorgeenheid van die Kloof-hospitaal in Pretoria-Oos behandel.

Ao. Dave Miller, ʼn woordvoerder van die Garsfontein-polisie, het Donderdag aan Maroela Media bevestig daar was Dinsdagmiddag twee afsonderlike ongelukke in die omgewing. “Een ongeluk het omstreeks 14:15 op die hoek van Rubensteinweg en Peddiestraat plaasgevind. Die ander ongeluk het sowat ʼn uur later op die hoek van Blouhaakstraat en Solomon Mahlanguweg [Hans Strijdomweg] plaasgevind,” het Miller gesê. Hy het gesê die Garsfontein-polisie ondersoek in beide gevalle ʼn saak van roekelose en nalatige bestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Pierre ·

Mens kan lees wat jy wil, maar waarom moet die publiek kennis neem hiervan? Gaan al hul doen en late nou nuus haal?

Nelmari ·

Ek kan ook nie verstaan hoekom dit belangrik is nie. Dis ‘n doodgewone ou wat in ‘n ongeluk was…?

Jessica ·

Waarom is dit in die nuus?? “Hy het gesê die Garsfontein-polisie ondersoek in beide gevalle ʼn saak van roekelose en nalatige bestuur.” Ek lees ook in Die Beeld dat hy nou aangekla is. Die punt is, mens sou dink iemand wat tronk toe is, en sy “les geleer het” sou ook darem bietjie meer verantwoordelik optree!!

Marietjie ·

En dis nuus? Hoekom? Los die ou tog uit. Hy het sy skuld aan die samelewing betaal. Laat hom ook nou aangaan met sy lewe, sonder dat hy vir elke dingetjie die koerant haal en waar daar elke keer die Waterkloof 4 etiket om sy nek gehang word.

Jessica ·

En dis nuus, want as niks in die nuus kom wat verkeerd is, hoe kan ons ooit geregtigheid he?

Jessica ·

Ai, die vraag is, het hy regtig sy skuld aan die samelewing betaal? Hy is uit op parool vrygelaat, wat beteken hy word ‘n kans gegun – sy straf is verkort… So is dit nou REG dat mense net roekeloos bestuur en ander seer maak? Watter samelewing leef ons in, as ons nie kan sien dat dit verkeerd is nie? As dit nou ‘n ONGELUK was, maar roekeloos bestuur – dit kon verhoed gewees het! Hy is alreeds verantwoordelik vir ‘n lewe, dit sou baie hartseer wees as hy weereens ‘n lewe sou ontneem!

zelna ·

Aai aai mense het julle die deel van “roekeloos en nalatige bestuur word ondersoek” gemis? as iets ondersoek word is dit nog nie bevestig nie!!!!!!!!!!!!

Ronel ·

Los die man tog nou uit!!! Is daar niks meer nuuswaardig as sulke onbenullige beuselagtige snert ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.