Een vas ná aanval op Brits-melkplaas

Leander Dercksen, die Dercksen-egpaar se seun. Foto: Verskaf

ʼn Verdagte is in hegtenis geneem in verband met die aanval op ʼn melkplaas buite Brits in Noordwes oor die naweek, skaars drie jaar nadat die boer se seun, Leander Dercksen (22), in die omgewing gekaap en vermoor is.

Ao. Mpeile Talane, woordvoerder van die Brits-polisie, het aan Maroela Media bevestig een verdagte is kort ná die aanval op Leander se pa, Gerrit Dercksen (51), Vrydagaand op sy melkplaas in die Soutpansdrift-omgewing, aangekeer.

Maroela Media het Maandag berig Dercksen en ʼn plaaswerker was omstreeks 21:00 in die melkstal en nog besig om te melk toe drie gewapende mans hulle daar oorval het.

“Een van die mans het ʼn rewolwer by hom gehad en die ander twee koevoete. Ek het geweet hulle sou ons doodgemaak het, gelukkig kon ek my hande op die rewolwer kry en verhoed dat die man op ons skiet,” het Dercksen Maandag gesê.

Dercksen en die werker het die verdagtes teengestaan. Intussen het die ander twee mans hom en die werker met die koevoete aangerand en oor die kop geslaan.

Dercksen het verwoed terugbaklei en geskreeu. Hy het ʼn spul honde van verskillende rasse, waar onder boerboele en pitbull-terriërs, op die plaas wat hul eienaar se hulpkrete gehoor het en blaffend nader gestorm het.

“Die honde het hulle laat skrik en hulle het met leë hande op die vlug geslaan en dit het ons tyd gegun om na die huis te hardloop en hulp te ontbied.” Dercksen se vrou, Anet, en seun, Gené (29), was in die huis tydens die aanval en is ongedeerd.

Talane het bevestig dat een verdagte met die hulp van die gemeenskap aangekeer is.

“Die verdagte het Maandag reeds in die Brits-landdroshof verskyn op aanklag van poging tot sakeroof. Die saak is tot vandag [Dinsdag] uitgestel wanneer die man na verwagting om borgtog sal aansoek doen,” het Talane gesê.

Talane het gesê die verdagte is glo een van Dercksen se werkers. Die soektog na die ander verdagtes duur voort.

  • Dercksen se aanval volg skaars drie jaar nadat Leander op ʼn landery van ʼn omliggende plaas vermoor is.

Maroela Media het destyds berig Leander se Mazda Drifter-bakkie is op 29 Maart 2014 op ʼn plaaspaadjie deur vyf mans gekaap, waarna hy in ʼn landery geskiet en met ʼn skerp voorwerp doodgesteek is. Sy liggaam is in die landery gelaat.

Hy was veronderstel om op die plaas te oornag om na ʼn bejaarde egpaar om te sien. ʼn Vriend het die volgende oggend op sy liggaam afgekom.

Die polisie het ʼn saak van moord en kaping ondersoek. Sy bakkie is op 3 April opgespoor.

Dercksen het gesê twee verdagtes is kort daarna in hegtenis geneem en is intussen verhoor en tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Een verdagte is kort ná die kaping tydens ʼn voorval deur ʼn boer van die omgewing doodgeskiet. Die ander twee verdagtes is nooit aangekeer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Ramkat ·

Wraak aanval omdat my maatjie in die tronk sit.
Hulle besef nie dat hulle die eerste rond te verloor het nie.
Hulle WIL en MOET wen ongeag alle ander oorweging.
Mnr Dercksen, bewapen jouself en wees altyd paraat al is dit vir die volgende twee of meer jaar.
Wraak het nie n verval datum nie.

Jan ·

Wat van julle skakel met die premier. Julle is mos ook Noord Wes. Vra hom vir ‘n persverklaring oor die saak. Vergelyk dit dan met sy toespraak op Coligny. Laat ons sien wat word dan. Wat van een van die politieke partye, wat ernstig is oor die saak, vra die premier vir sy amptelik reaksie??

al ·

Ja waarom het die premier jou nie kom besoek nie? Waarom veroordeel die Premier nie die geweld teen plaasboere en hul werkers nie. Jul betaal tog belasting, om miljoene armes te voed, dis jul reg om beskerm te word.
Knap gedaan SAP met jul aankeer van een van die aanvallers.

Boerseun ·

Orania doen dit so ek stem. Probleem kom in die nuwe waterwet hersien jou lesensie elke 5 jaar so raai raai ripa hulle kan dit weier as jy nie die eternal disadvantaged aanstel nie.

jennefer ·

Neem julle die boere kwalik dat hul oppak en toemaak, soms kop verloor en iets doen wat hy onder normale omstandighede nooit sou doen nie. Maak maar reg vir hongersnood, ek sien elke dag hoe boere hul plaaswerk laat staan om polisiewerk te doen.

Jock ·

Ag neewat . .op borgtog van R50 vry more – loop weer in die strate rond .. kry weer ‘n klomp makkers om die werk te gaan afhandel .. WATCH YOUR BACK mnr, hierdie skarmunkel is deel van ‘n bende wat daarop uit is om julle uit te wis .. BE PREPARED at all times.

Ja swaer ·

Ek sou graag die Boere se opinies wou hoor oor wat hulle dink in die land aan die gang is. Leserskommentare maak my net mismoedig oor die duidelike onkunde.

Carl Volschenk ·

Sal die Premier van Noord Wes asb hierop antwoord!

Frederik ·

Lees ek reg?? Jy pleit vir die doodstraf terug terwyl die regters deur Zuma aangestel word?? Luister bietjie rond of daar nie ‘n goeie kopdokter iewers in jou omgewing is nie.

Elmien ·

Wat my die diepste tref van hierdie berig is die mooi jong man met die oop gesig op die foto, sy lewe nog voor hom maar vermoor in ‘n landery oppad om bejaardes te gaan oppas. Wat ‘n pragtige jong man.

Koos B ·

Dit is maar gewoonlik mense wat by jou werk wat inligting gee of self die dade doen
Het met my gebeur met van my eie werkers ek is gelukkig om te lewe.
Ek was gelukkig in die posisie om heeltemal afteskaal en het almal laat gaan.

cr ·

Die doodstraf sal nie sommer terug gebring word nie want verkragting kan ook tot die doodstraf lei. hy sal te bang wees want hy(hehehe) was ook mos van verkragting beskuldig.

Pop ·

Dring aan dat jule premier iets se oor die swart hande wat laaste aan daai jong man gevat het en die swart hande wat aan sy pa en sy werker gevat het. Wens ek kon skreeu.

F Massyn ·

‘n Dag in Suid-Afrika

Ek is bly hierdie persoon lewe maar Suid-Afrikaners lewe in vrees. Mense word in hul eie huise aangeval, gemartel, vermoor. Coligny brand. Landerye en plaashuise word afgebrand. Eldorado Park en Ennerdale brand. Richardsbaai is ‘n oorlogsone. Selfs die polisie is bang. Motoriste word met klippe en petrolbomme bestook. Mense word met ‘n geweer teen die kop gekaap. Boewe en bendes moor mekaar uit in die Kaap. Betogers beroof en besteel winkels. Mense sterf of word vermink in ongelukke op die paaie wat deur wetteloosheid veroorsaak word. Veilgheidswagte word afgemaai met gewere. Dit het als of is steeds besig om die afgelope 24 uur te gebeur. Is Suid-Afrika besig om al gillend en skreuend te sterf?

Pieter ·

Ek’s nou kwaad, n rower/moordenaar/skelm is beseer tydens die aanval, kom ons gaan gooi klippe in Coligny.

Bepokinjou kop ·

Sakeroof se dinges, dis poging tot moord . Hy wou hulle skiet en vermoor .

Peet J ·

F Massyn, kom ons maak die lys nog bietjie langer pasgebore babas word op vuillishope en in asblikke van ontslae geraak, onmense wat mensvleis eet en die se bloed drink, katte en honde word geslag vir voedsel, mense wat vermoor word se oë en ledemate word verwyder om aan die sangomas verkoop te word, kinders sowel as babas word vir seksueledade gebruik, mense gebruik diere vir seks doeleindes, die gebruik van dwelms is aan die orde van die dag. de Klerk, was reg met sy toespraak ” Suid-Afrika sal nooit weer dieselfde wees nie”.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.