Een vas ná dwaalkoeël 10-jarige tref

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

’n Bendelid sal na verwagting Vrydag in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn op vier aanklagte van poging tot moord nadat hy na bewering op ’n groep mans losgebrand en in die proses ’n kind raakgeskiet het.

Volgens kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, is die bendelid Woensdag omstreeks 11:00 in Gelvandale in hegtenis geneem nadat hy en sy vermeende makker verlede Saterdag op drie mans op die hoek van Tobias- en Springbokstraat in dié Baaise buurt losgebrand het.

Die groep mans kon daarin slaag om die koeëls te ontduik waarna hulle op die vlug geslaan het. ’n Dwaalkoeël het egter ’n tienjarige seun wat elders op ’n sypaadjie gesit het, getref.

Die kind is tydens die voorval in die boarm raakgeskiet en na ’n hospitaal gehaas, het Naidu gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

PietvanGase ·

“Piet van Gase” het nie werlik geleef nie dis ‘n miete. Mik vir die bok en skiet jou honde dood?? Miskien was sy storie ook dwaalkoeels se skuld. Sluit hom toe, totdat hy gerehabiliteer is, as hy nie voor die tyd ontsnap nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.