Een vas ná gewapende roof by Centurion-sentrum

Heide Marie Meier-juweliers (Foto: Mall@Reds)

Heide Marie Meier-juweliers (Foto: Mall@Reds)

Een persoon is in hegtenis geneem ná ʼn gewapende roof Saterdag by die Mall@Reds in Centurion.

“Drie gewapende rowers het die juwelierswarewinkel omstreeks 16:30 betree,” het konst. Tumisang Moloto, woordvoerder van die polisie, Sondag aan Maroela Media gesê.

Maroela Media het Saterdag berig volgens die bestuur van die sentrum het die rooftog by Heide Marie Meier-juweliers plaasgevind.

“Die mans het met ʼn Volkswagen bakkie van die toneel gevlug, maar die voertuig verlaat nog voordat hulle by die winkelsentrum kon uitry,” het Moloto bygevoeg. “Die verdagtes het te voet gevlug en veiligheidsbeamptes het hulle agternagesit. ʼn Beampte van ADT is tydens die jaagtog geskiet. Hy is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir die nodige behandeling.”

Een van die verdagtes is in hegtenis geneem. Die polisie is nog op soek na die twee ander verdagtes. “Die polisie het beslag gelê op ʼn 9 mm-pistool waarvan die reeksnommer afgevyl is.”

Volgens Moloto is die waarde van die juwele wat gesteel is, nog nie bekend nie.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Sarie ·

Diè rooftogte neem geweldig toe gedurende die aanloop tot die feesgety. Èk spandeer so min as moontlik tyd in koopsentrums. Doen vinnig my inkopies en gaan huistoe. Ek trek nie geld in sulke plekke nie & dra nie duur klere & juwele nie. Moenie onnodig aandag op jouself vestig nie. Hou maar ‘n lae profiel. Lyk liewer hulpbehoewend; dit red dalk jou lewe…

Johann Marx ·

Sarie, is dit nie tragies nie? Hoekom moet ons ons lewens aanpas volgens die “krimineel” se aktiwiteite? Mag nie juweliersware dra nie, mag niks op my passasiersitplek sit nie, mag nie my motor se vensters oop maak nie, mag nie laat aand rondry nie, mag nie aandag op my vestig nie, mag nie geld trek nie. Dan MOET ek ompad ry huistoe, heeltyd oor my skouer kyk, nêrens langs die pad stop nie. Bel voor ek by die huis kom. Hoekom was dit nie so voor 1994 nie?

Takkie Takuuza ·

Daar was voor 94 ander goed, miskien nie in die stad nie, maar op die platteland naby ons land se grense. Daar was landmyne op ons paaie, die weermag het ons met buffels huis toe gevat van die teerpad af waar die skoolbus gestop het. Ons moes roetine vermy en gewapend wees ten alle tye. Daar het ‘n geweer op ‘n strategiese plêk in elke vertrek gestaan. Terroriste aanvalle soorgelyk aan die plaas-aanvalle vandag. Blokkies draad voor die vensters sodat ‘n handgranaat nie deur die venster gegooi kan word nie. Radio’s (“roll call” soos die sektor) ensovoorts. Nou is dit oral, nie net op die grense nie. Ek voel nou onveiliger in die stad as daai tyd op die plaas. Wees maar bang en versigtig en weerbaar, dit sal nie skade doen nie, dalk jou lewe red.

Olivia ·

Lyk liewer hulpbehoewend? Hoe arrogant!!!!! Ek sal onthou om dit te se vir die wat honger ly en swaar kry, dat hul waarde gemeet word aan hoe hul lyk en nie wie hul is nie. Duidelik het Sarie nog nooit swaargekry nie dat sy so arrogante, platvloerse, oningeligte uitlating kan maak. Ek ken verskeie hulpbehoewendeds wat goed geleerd, wel ter tale is of net doodgewone enkel ouers is wat baklei vir regte en hulle het meer waarde as ‘n blink gepoetste klinkende simbaal.

Ruby ·

Olivia, relax asb.

Dit is wragtig nie met geleerdheid, waarde en arrogansie te doen nie.

Ek verstaan wat Sarie sê.

GES ·

Olivia – Probeer die groot prentjie raak sien. Soos Ronnie sê moenie dat die klippie in jou skoen jou lewensvreugde steel nie.

Thea Gerber ·

Olivia. Al wat Sarie bedoel is moenie n wandelende juwelierswinkel wees en lyk of jy R4 miljard in jou Guess beursie dra om vir jou n straler te koop. Moet ook nie groot hoeveelhede kontant uithaal en aftel by die kassiere nie. Die ou agter jou sien dit en sodra jy uitstap…. poef…. daar is jy sonder jou Polo sak en dalk nog jou Jimmy Choo skoene. Met ander woorde -moenie adverteer dat jy n goue gans is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.