Een vas ná groep op polisie losbrand

boeie

Foto: SAPD/Facebook

Die polisie in KwaZulu-Natal het Vrydag bevestig dat een verdagte onder polisiebewaking is nadat ʼn groep verdagtes Vrydag in die vroeë oggendure op die polisie losgebrand het.

Maroela Media het vroeër berig die polisie het sewe verdagtes in ʼn Toyota Tazz-voertuig genader voordat dié groep op die polisie losgebrand het. Die verdagtes het daarna van die toneel gevlug en die voertuig is later vol bloedvlekke verlate in Phoenix gevind. Twee polisiebeamptes is ernstig beseer in die voorval, maar is in ʼn stabiele toestand in die hospitaal.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, sê die polisie in Inanda het alle plaaslike hospitale en klinieke besoek in die hoop om van die verdagtes daar vas te trek.

Zwane sê ʼn 32-jarige man is Vrydag by die Osindisweni-hospitaal in hegtenis geneem. Hy het ʼn skietwond aan sy voet gehad.

“ʼn Voorlopige ondersoek het vasgestel dat die verdagte die eienaar is van die voertuig wat gebruik is gedurende die skietery,” sê Zwane.

Die man sal in die hof verskyn sodra hy uit die hospitaal ontslaan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.