Een vas ná gyselaarsdrama in Heidedal

(Argieffoto: pixabay)

Die polisie se taktiese reaksie-eenheid het vyf werkers by ʼn versekeringsmaatskappy in Heidedal in Bloemfontein bevry nadat hulle sowat ʼn uur lank by die Twin City Mall in Bloemfontein as gyselaars gehou is.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê die Heidedal-polisiestasie het omstreeks 15:45 ʼn noodoproep ontvang nadat ʼn man die bestuurder en verskeie ander werkers in hul kantoor aangehou het.

Die man het daarop aangedring dat sy pensioen dadelik uitbetaal word.

ʼn Gyselaaronderhandelaar, lede van die honde-eenheid en polisie-eenheid vir openbare orde, asook paramedici is na die toneel gestuur.

“Die gyselaarsonderhandelaar het die situasie vergeefs probeer ontlont, waarna die taktiese reaksie-eenheid opdrag gegee is om in te gryp.”

Dié eenheid het omstreeks 17:20 die verdagte se vierjarige seun én die vyf werkers van die versekeringsmaatskappy bevry sonder dat enigiemand beseer is.

“Die verdagte is in hegtenis geneem en van ontvoering aangekla en sal binnekort in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn,” sê Makhele.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Buck ·

Wat hy gedoen het is nie reg nie, maar met al die dreigemente oor pensioenfondse en aftree fondse, wil ek ook graag my geldjie self bestuur, maar Liberty weier ook maand vir maand nadat ek die staat ontvang my versoek. Ek het dit ook al oorweeg om met my isuzu trokkie tot binne hul kantoor te ry om my geld te gaan haal. Hulle gooi net die wet voor my kop. Ja, wat se mens ne

Anel ·

Ek dink die man het gedoen wat baie te bang is om te doen. Die lot wat die pensioene, waarop die werkers geregtig, doen nie hulle werk nie en sloer onnodig. En so verloor baie mense hul huise en veel meer. Dis nie hulle geld om te hou nie! Pensioenarisse het hul lewe lank GEWERK vir hierdie geld. Baie keer moet die aansoeker verskeie keer die papierwerk oirdoen want die lot laat dit verlore gaan en laat nooit die aansoeker weet dat daar nog vorms kort nie. Partykeer is hulle net eenvoudig moedswillig. Dit was nie reg wat hy gedien het nie, maar ek glo hy was by breekpunt. Hoopelik word daar nou na sy en ander se pensioenuitbetalings gekyk. Maak nie saak wie die begunstigdes is nie. Sterkte aan almal.

Perdeby ·

Enige maatskapy neem +- 4 tot 6 weke om uit te betaal dit is normaal, want dit word eers na SARS toe ook gestuur. Nog nooit het ek gewag vir my pensioen nie, en ook nie toe ek geretrench is nie, was dit 4 weke. So wat hy gedoen het is onaanvaarbaar, en dan stel hy nog sy 4 jarige kind se lewe ook ingevaar.

Di ·

Ek verstaan maar alte goed – Daar is mense wat SO desperaat is, en enige iets sal doen om gehelp te word. Met die “trae houdings” van sommige werkers, het mens net geen ander keuse as om drastiese stappe te neem om hulle net te kry om hulle werk, waarvoor hulle BETAAL word, te doen

Janice ·

Die furstrasie met klientediens forseer ‘n mens om tot drastiese aksie oor te gaan.

Misky ·

Hy het maar net gedoen wat baie van ons graag wil, maar nie deurvoer nie. Mense raak g@tvol!!!

Jan Seerot ·

Wat van daai spul kamma-veterane wat die hoëlui van die ANC gyselaaar geneem het? Skotvry daarvan afgekom.
Hierdie jafel word aangekla van ontvoering. Snaakse plek, hierdie land van ons.

Perdeby ·

Pensioen vat gewoontlik tussen 4 tot 6 weke om uit te betaal. Ek het al my geld verlede jaar gekry sonder enige probleme. Jy kan nie jou geld onmiddelik kry nie ongelukkig is daar kanale wat gevolg moet word. Geen geld van my is terug gehou nie net belasting afgetrek

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.