ʼn 33-jarige man sal na verwagting Donderdag in die landdroshof op Hennenman in die Vrystaat verskyn in verband met die aanval op ʼn egpaar op ʼn plaas digby die dorp.
Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, sê die egpaar het op 3 Oktober omstreeks 22:10 by hul bure gekuier toe twee mans die plaashuis ingekom en begin skiet het.
Die 60-jarige vrou is in die bors en knie geskiet en haar 62-jarige man is twee keer in die been geskiet. Hul bure was ongedeerd.
“Die verdagtes het die egpaar se selfone gegryp en laat spaander.”
Volgens Makhele is die egpaar in die hospitaal opgeneem.
“Die Vrystaatse polisie se eenheid vir georganiseerde misdaad, saam met Hennenman se speurdiens, het Dinsdag gereageer op inligting wat hulle gelei het na ʼn plaas naby Hennenman. Een van die verdagtes, wat as veewagter werk, het daar geskuil en is in hegtenis geneem. Sy vermeende makker is steeds soek.”
Makhele sê die verdagte wat reeds vasgetrek is staan tereg op ʼn aanklag van huisroof.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
15 Kommentare
Nou wonder ek hoekom net huisroof..wat van poging tot moord?
En die poog tot moord, waar val die polisie uit, dus hoekom die klomp so maklik weer uitkom en borg kry.
Stuur al die berigte na Cele dat hy kan sien hy dink dis lekker op die plase waar jy veronderstel is om op jou gemak te wees.
Dis ‘n plaasaanval nie roof nie! Hoekom nie poging tot moord nie? Hulle is immers geskiet Cele se slim mense
Snaaks genoeg die boer op senekal word aangekla van poging van moord wat niemand beseer het maar die op hennenman word van huis braak aangekla nadat hul twee persone geskiet het. Hoe verstaan jy dit is dit nie dubbele standasrde nie of gaan dit oor jou kleur van jou vel.