Een vas na Hennenman-plaasaanval

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn 33-jarige man sal na verwagting Donderdag in die landdroshof op Hennenman in die Vrystaat verskyn in verband met die aanval op ʼn egpaar op ʼn plaas digby die dorp.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, sê die egpaar het op 3 Oktober omstreeks 22:10 by hul bure gekuier toe twee mans die plaashuis ingekom en begin skiet het.

Die 60-jarige vrou is in die bors en knie geskiet en haar 62-jarige man is twee keer in die been geskiet. Hul bure was ongedeerd.

“Die verdagtes het die egpaar se selfone gegryp en laat spaander.”

Volgens Makhele is die egpaar in die hospitaal opgeneem.

“Die Vrystaatse polisie se eenheid vir georganiseerde misdaad, saam met Hennenman se speurdiens, het Dinsdag gereageer op inligting wat hulle gelei het na ʼn plaas naby Hennenman. Een van die verdagtes, wat as veewagter werk, het daar geskuil en is in hegtenis geneem. Sy vermeende makker is steeds soek.”

Makhele sê die verdagte wat reeds vasgetrek is staan tereg op ʼn aanklag van huisroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Esta ·

Nou wonder ek hoekom net huisroof..wat van poging tot moord?

Ronel ·

Want hulle voel ‘n blou veer. MEt my tannie se plaasaanval is ook net huisroof ondersoek. Maak nie saak of sy pimpel en pers geslaan en geskop is en so te sê versmoor was met ‘n plastieksak nie. Nee ons ondersoek huisroof en as hulle sit, kom hulle na 6 maande weer uit net om weer te gaan aanjaag.

Pieter ·

En die poog tot moord, waar val die polisie uit, dus hoekom die klomp so maklik weer uitkom en borg kry.

Androclus ·

Stuur al die berigte na Cele dat hy kan sien hy dink dis lekker op die plase waar jy veronderstel is om op jou gemak te wees.

Persheks Adri ·

Dis ‘n plaasaanval nie roof nie! Hoekom nie poging tot moord nie? Hulle is immers geskiet Cele se slim mense

Michael ·

Snaaks genoeg die boer op senekal word aangekla van poging van moord wat niemand beseer het maar die op hennenman word van huis braak aangekla nadat hul twee persone geskiet het. Hoe verstaan jy dit is dit nie dubbele standasrde nie of gaan dit oor jou kleur van jou vel.

Maggies ·

Skiet mense en roof en dit op ‘n plaas. Nou word dit nét poging tot roof genoem. Wat het geword van POGING TOT MOORD en PLAASAANVAL. Nee wat ek verstaan glad nie meer nie.
Reg vir die een is nou nie meer reg vir die ander nie.

Anel ·

Huisroof??? Regtig?? Nog nooit van gehoor nie. Waarheen het hulle die huis geneem as hulle dit geroof het? Dit is huisbraak en gewapende roof,en POGING TOT MOORD!!!!

Michiel ·

Huisroof?! Dis poging tot moord en gewapende roof. Ek stem saam met die kommentaar sover gelewer, dit is dubbele standaarde. Regstelsel se agterwereld. Maar nou ja, ons kan seker nie genade of regverdigheid van ons vyande verwag nie, ne?

LiveAndLetLive ·

Ok, so jy kan iemand skiet, vat net ietsie nadat jy die persoon geskiet het in die hoop hy lewe nog, dan is dit net diefstal sakie teen jou en Vrydag gaan jy huistoe.
Dis lekker is SA

gpsa ·

Huisroof. Wat ‘n uiterste skande van ons regering. Ons regstelsel is deel van die euwels van die tyd en rede vir waar ons is. Baie groter problem as polisie.

Wakkerslaper ·

Ek weet WAARAGTAG nie meer nie! Dit is al hoe meer duidelik dat daar ‘n onoffisiële oorlog teen ons as Boerevolk verklaar is, maar ons onderhandel steeds met die terroriste? Na wie anders kan ons ons saak neem as volk buiten die terroriste regime? Ons het dringend steun uit die buiteland nodig…

Hannelie ·

Huisroof??????? Goeie genade sal dink dis pogin tot moord as jy iemand in die bors en been skiet?!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.