Een vas ná ‘Hollywood-styl-transitorooftog’

(Foto: SA Polisie)

ʼn 57-jarige verdagte is agter tralies in verband met ʼn transitorooftog in Daveyton, maar eers nadat hy in ʼn dramatiese rooftog ʼn geldwa probeer beroof het.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke in Gauteng, het gesê die “toneel het herinner aan iets uit ʼn Hollywood-fliek”. Volgens hom het ʼn geldwa Dinsdag by ʼn vulstasie in Daveyton stilgehou om kontant op te laai. Die bestuurder het in die stilstaande voertuig gewag en die verdagte het hom genader.

“Die bestuurder het snuf in die neus gekry en die verdagte gewaarsku om nié die voertuig te nader nie. Sonder enige waarskuwing het die verdagte glo die bestuurder in die rug gesteek en met drie kontanthouers laat spaander.”

Die ander bemanningslid het gesien wat gebeur en die verdagte dadelik agternagesit en gewond.

“Ten spyte van die skietwond het die verdagte ʼn volgelaaide taxi gekaap en die bestuurder gedreig om verder te ry. Hy het later uit die taxi gespring nadat hy besef het die geldhouers is leeg,” het Mulamu gesê.

Hy het te voet verder gevlug en het nóg ʼn voertuig gekaap, dié keer by ʼn motorwerktuigkundige se werkswinkel. Die polisie het hom kort daarna egter danksy die hulp van die gemeenskap aangekeer.

“Hy is na ʼn plaaslike hospitaal vir behandeling vir die skietwond geneem en later ontslaan. Hy sal Woensdag in die Daveyton-landdroshof verskyn op aanklagte van gewapende roof, poging tot moord en kaping,” het Mulamu gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Die Wolf ·

CR dit begin nou wys wat se slim idee was dit om gevangenis vry te laat.

Isabella ·

Presies daai 19 000 is vrygestel en een is klaar gevang wat weer geweld gepleeg ht … hier is n agenda!!!!

Misky ·

Die bestuurder in die rug gesteek….. klink volgens die berig asof die bestuurder nog sittende in voertuig was en hoe is hy dan in die rug gesteek…. en wanneer sou hy dan sy rug na die aanvaller draai…. klink vreemd. Maar bly die trawant is gevang

Sarel ·

Die Bestuurder is gewooonlik binne voertuig. Hoe kon die verdagte hom aanval. Wel dasr gelast die man was fiks vir sy iuderdom!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.