Een vas ná hy hom glo as polisieman voordoen

(Argieffoto: SA Polisie/Facebook)

Die Valke het ʼn 53-jarige verdagte aangekeer op aanklag van bedrog, korrupsie, die besit van ongeslypte diamante en omdat hy hom glo as ʼn polisiebeampte voorgedoen het.

Nomthandazo Mnisi, woordvoerder van die Valke, sê volgens die klaer het ses verdagtes in Desember verlede jaar hulle glo as polisiebeamptes voorgedoen en hom tydens ʼn transaksie om diamante te verkoop, bedreig.

Die verdagtes het glo R50 000 van die man geëis sodat hy nie in hegtenis geneem word nie en hy het dadelik R10 000 opgedok.

Die saak is daarna by die Valke aanhangig gemaak, wat ʼn lokval vir die verdagtes gestel het.

“Een van die verdagtes het die R10 000 kom oplaai en is in hegtenis geneem. Die verdagte was ook in die besit van vyf ongeslypte diamante,” sê Mnisi.

Hy verskyn na verwagting Maandag in die landdroshof op Pofadder. Die moontlikheid van nog inhegtenisnemings word nie uitgesluit nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

elisabeth ·

Ons was in 2010 deur n ene Sakkie in Klerksdorp op dieselfde manier beroof…..hy wou ons Landrover koop en toe daag 7 Polisiemanne op wat ons beskuldig van diamand handel…..ek hoop hierdie rower kom hierdie keer nie daarmee weg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.