Een vas ná mislukte transitorooftog in Mei

(Foto: SA Polisie/Valke)

Die Valke het ʼn 33-jarige man Donderdag vasgetrek vir sy betrokkenheid by ʼn mislukte transitorooftog in Mei.

Volgens lt.kol. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, is die verdagte na bewering lid van ʼn bende wat vroeër vanjaar op ʼn transitovoertuig op die R40 tussen Mbombela (Nelspruit) en Barberton toegeslaan het.

“Die verdagtes het glo op 6 Mei ʼn G4S-transitovoertuig probeer beroof toe veiligheidswagte op hulle losgebrand het.”

Twee wagte is tydens die voorval beseer en moes hospitaalbehandeling ontvang.

Die verdagtes het glo ʼn Toyota Hilux gekaap en van die toneel gevlug. Geen kontant is egter tydens die voorval gebuit nie.

Die plaaslike misdaadrekordsentrum het die toneel besoek en ʼn verdagte geïdentifiseer. ʼn Lasbrief vir sy inhegtenisneming is uitgereik en die Valke het die man Donderdag vasgetrek.

Hy sal na verwagting Vrydag in die Nelspruit-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Die Boerepompie

Wat help dit hulle vang die mens dan uit op byel dan beplan hulle die volgend roof sluit diegoet toe bring die dood straf trug