Een vas ná moord op akteur

Sibusiso Khwinana.

ʼn 36-jarige man sal vandag in die Pretoria-landdroshof verskyn in verband met die moord op die jong akteur Sibusiso Khwinana (25).

Genl. Kehla John Sitole, nasionale polisiekommissaris, het die vinnige inhegtenisneming van die verdagte verwelkom en die ondersoekspan gelukgewens wat dié deurbraak verseker het. “Ek is baie tevrede met die vordering wat gemaak is in die ondersoek na mnr. Khwinana se moord. Ek is wel bewus daar is nog verdagtes op vrye voet en het die ondersoekspan opdrag gegee om te verseker dat dié verdagtes ook opgespoor en in hegtenis geneem word,” het Sitole gesê.

Maroela Media het vroeër berig Khwinana was op 1 Maart saam met sy vriende by ʼn rolprentkompleks in Arcadia in Pretoria toe hy van sy selfoon beroof en doodgesteek is. Onmiddellik ná die moord is ʼn multi-dissiplinêre taakspan bestaande uit lede van misdaadintelligensie, speurders en forensiese kenners saamgestel om die verdagtes op te spoor.

Khwinana het die hoofrol vertolk in die rolprent, Matwetwe. (Foto: ANA)

Khwinana het bekend geraak vir sy spel in die rolprent Matwetwe wat handel oor twee seuns van ʼn township wie se hoërskoolloopbaan tot ʼn einde kom. Khwinana vertolk die rol van Lefa terwyl Tebasto Mashishi as Papi te sien is. Papi probeer geld maak deur dagga te verkoop, terwyl Lefa besluit om die lewe in die township agter te laat en aan die Universiteit van die Witwatersrand te gaan studeer.

Die rolprent is vervaardig deur die bekende platejoggie Black Coffee en die komediant Kagiso Lediga en in Atteridgeville, wes van Pretoria, verfilm. Die rolprent het meer as R4 miljoen by die loket verdien.

Enigiemand met inligting oor die moord op Khwinana word versoek om Stop Misdaad by 08600 10111 te skakel. Inligting sal vertroulik hanteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

willem Bothal ·

Die polisie kommissaris raak betrokke by hierdie saak omrede dit n hoë profiel saak is maar na al sy leë beloftes styg die misdaad nog steeds en word niks in plek gesit om misdaad werklik te bekamp nie.

willem Botha ·

Die polisie kommissaris raak betrokke by hierdie saak omrede dit n hoë profiel saak is maar na al sy leë beloftes styg die misdaad nog steeds en word niks in plek gesit om misdaad werklik te bekamp nie.

GAB ·

…of die is baie vinniger, maar as dit by plaas moorde kom, dan bly dit meestal on opgelos

ne ·

Nee, regtig. Dit is sy broers, nou moet daar vinnig opgetree word. As dit ‘n plaasmoord was word dit net toegevee.

Essie ·

As da nog rekkies was dan kan hul daai 36jarige verdagte vir hul gegee het en hy het gesing soos n kanarie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.