Een vas ná moord op man van St. Francisbaai

Duncan Lethbridge (Foto: Instagram)

Een van die vermeende betrokkenes in die onlangse moord op die 76-jarige Duncan Lethbridge van St. Francisbaai in die Oos-Kaap, is in hegtenis geneem.

Kapt. Gerda Swart, woordvoerder van die polisie, het die inhegtenisneming aan Maroela Media bevestig.

Swart het ook gesê die uitslag van Lethbridge se nadoodse ondersoek is Dinsdag bekend gemaak. Hy het versmoor.

Volgens haar is ʼn 35-jarige man Maandag omstreeks 15:40 in Bureaustraat in Humansdorp aangekeer. Hy sal na verwagting Woensdag in die dorp se landdroshof verskyn op aanklagte van moord en huisroof.

Maroela Media het vroeër berig Lethbridge is verlede week dood nadat hy, sy vrou en die egpaar se huiswerker in hul huis in St. Francisbaai oorval, vasgebind en aangerand is.

Twee mans het die 53-jarige huiswerker buite die huis oorval en haar na binne gedwing waar sy saam met die egpaar vasgebind is.

Die egpaar is aangerand voordat die verdagtes te voet met kontant en ander waardevolle items gevlug het.

Die huiswerker kon haar sowat twee uur later loswikkel en het by die bure gaan hulp soek. Hulle het die polisie en nooddienste na die huis ontbied.

Nooddienswerkers het Lethbridge in die sitkamer aangetref, waar hy met sy gesig na onder gelê het. Sy hande was vasgebind en sy mond toegeplak. Hy is op die toneel dood verklaar.

Swart het gesê nóg ʼn inhegtenisneming word binnekort verwag.

*Die berig is gewysig sedert dit aanvanklik gepubliseer is. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Wonder net ·

Ek sal maar huishulp goed ondervra.
Sy het losgewikkel en niks oorgekom.

Gerhard ·

Essie, sien jy kans vir die doodstraf onder ‘n ANC/EFF-bewind??

Johanna Botha ·

Hoekom het Botswana byna geen moorde nie …..doodstraf ?

honourable member ·

Doodstraf sal nie in n siek land soos die werk nie want dit sal net op wittes toegepas word om ons verder uit te moor. So wees maar baie skepties as julle doodstraf voorstel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.