Een vas ná moord op oud-Springbokrugbyspeler

Mlungisi Bali (Foto: The Blue Bulls Company)

Die polisie in Port Elizabeth in die Oos-Kaap het een verdagte vasgetrek in verband met die moord op die voormalige junior Springbokrugbyspeler Mlungisi Bali.

Bali (27) is na bewering Woensdag tydens ʼn tradisionele geleentheid by die Mdantsane- informele nedersetting net buite Oos-Londen met ʼn mes in die bors gesteek. Hy is in die intensiewesorgeenheid van die Frere-hospitaal in die Oos-Kaap opgeneem, maar is die volgende dag dood.

Kapt. Mluleki Mbi, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het glo gevolg nadat ʼn rusie ontstaan het tussen Bali en die verdagte.

Mbi het gesê die verdagte is Vrydag in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Mdantsane verskyn op aanklag van moord.

Bali het onder meer in 2013 en 2014 vir die Griffons uitgedraf. Hy het Suid-Afrika ook teenwoordig in die o.20 junior-wêreldkampioenskappe.

ʼn Polisieondersoek na die voorval duur steeds voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.