Een vas ná skote klap tydens hoëspoed-jaagtog op N2

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Man is Woensdagaand laat in hegtenis geneem ná ʼn skietery tussen lede van die polisie en drie verdagtes van ʼn gekaapte voertuig op die N2 in Durban in KwaZulu-Natal ontstaan het.

Kyle van Reenen, woordvoerder van Marshall Security, sê owerhede is omstreeks 18:30 in kennis gestel van ʼn Toyota Hi Ace wat in die Stanger-omgewing gekaap is.

Die polisie het sowat drie verdagtes in die voertuig agternagesit ná die voertuig deur die Tongaat-tolhek beweeg het.

ʼn Skietery en ʼn hoëspoed-jaagtog het tussen die polisie en die drie verdagtes ontstaan, waarna lede van die polisie daarin kon slaag om die Toyota by die Queen Nand-rylaanafrit tot stilstand te dwing.

Twee van die verdagtes het te voet gevlug. Die bestuurder van die voertuig het ʼn skietwond in sy skouer opgedoen, en is deur die polisie in hegtenis geneem voor hy na ʼn nabye hospitaal geneem is.

Geen lede van die polisie is beseer nie.

Van Reenen sê die ander verdagtes is steeds soek. ʼn Polisiesoektog duur Donderdag voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.