Een vas ná vier ontsnap

Sandile Vena. Foto: ANA

ʼn 22-jarige gevangene wat Dinsdagmiddag in hegtenis geneem is nadat hy verlede week uit wettige aanhouding ontsnap het, het Woensdag in die Mdantsane-landdroshof naby Oos-Londen verskyn.

Sandile Vena het verlede week saam met drie ander gevangenes uit die Mdantsane- korrektiewe sentrum ontsnap.

Kapt. Siphokazi Mawisa, woordvoerder van die polisie, het gesê Vena is Dinsdagmiddag by Peelton, ʼn nedersetting noordwes van Oos-Londen, deur lede van die King William’s Town-blitspatrollie en honde-eenheid in hegtenis geneem. Beamptes van korrektiewe dienste was ook op die toneel.

Vena was besig om 23 jaar vir verkragting, roof en ontvoering uit te dien ten tyde van sy ontsnapping. Hy het ook nog ʼn strafregtelike saak teen hom hangend in King William’s Town.

Hy het vandag in die hof verskyn op aanklag van ontsnapping uit wettige aanhouding.

Die ander drie gevangenes wat saam met Vena ontsnap het, is steeds op vrye voet. Hulle is Lihle Zikholisile (19), wat besig was om 35 jaar tronkstraf vir roof, huisbraak, verkragting en moord uit te dien, Norman Mukunuwendo (22) wat besig was om 15 jaar vir roof met verswarende omstandighede uit te dien, en Phikolomzi Sonakele (23), wat tot 12 jaar tronkstraf gevonnis is vir soortgelyke misdaad.

Volgens die polisie moet hierdie mans as baie gevaarlik geag word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Cherokee ·

Het nog nooit ‘n verduideliking deur die tronkbewaardersowerheid gesien waarin die gereeld ontsnappings verduidelik word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.