Een vas ná wrede Moedersdag-plaasmoord

Fanie en Colleen Engelbrecht

Een verdagte is in hegtenis geneem in verband met die gewelddadige moord op Fanie (78) en Colleen (74) Engelbrecht vroeër vandeesmaand.

Maroela Media het vroeër berig die egpaar is helder oordag op Moedersdag op hul plaas Welgevonden naby Poortjie aan die Wes-Rand vermoor.

Fanie se keel is na bewering afgesny en Colleen is glo met ʼn strykyster se koord verwurg.

Kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagte is 17 Mei vasgetrek en verskyn vandag in die Sebokeng-landdroshof op aanklag van moord. Dlamini het gesê die polisie is op soek na nog een verdagte.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het vroeër aan Maroela Media gesê die verdagtes het onder meer handwapens en huishoudelike ware tydens die aanval gesteel.

Tessa Engelbrecht, een van die egpaar se kleindogters, het ná die aanval in ʼn hartroerende huldeblyk op haar Facebook-blad gesê: “Oupa, Ouma … Ek het geen woorde nie. Ek weet nie hoe gaan ek kan aanbeweeg sonder julle nie. Julle was die beste ouma en oupa waarvoor enige kleinkind nog ooit kon vra en ek was so lief vir julle. Ek gaan julle vir altyd mis. Julle is vir altyd in ons harte.” [sic]

Makhubele het gesê die Orange Farm-polisie ondersoek twee aanklagte van moord en ʼn aanklag van huisroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Poemsie ·

Jip!!! Ek lees hierdie berig. En dan mag ons nie knorrig word nie!!!! Hoe dan tog?

tamboti ·

Piet Croucamp beweer dat die plaasmoorde nie erger is as in die res van die land se misdaad nie. Hy reken daar is geen bewyse daarvoor nie!
Ek se vir jou daar is navorsing gedoen, daar is syfers al kan ons die SAPD s’n minder vertrou as enige ander organisasie s’n.
En die syfers wys dat dit wel erger is!
AS jy dit nie wil glo nie, maak dit nie die syfer verdwyn nie!
Die eerbare staatpresident en sy kabinet wil dit net soos jy nie erken nie, en hul stilswye beteken net een ding: HULLE KEUR DIT GOED!
Net drie “politiese” moorde is genoeg dat CR optree en dit afkeur, maar in die 100 dae wat hy aan bewind is praat hy net van ONTEIENING en niks van plaasgeweld nie.
Ek ontken nie swart op swart geweld nie, ek keur dit ook nie goed nie.
Hoekom beledig julle mense wat teen misdaad veg wat in die besonder teen ‘n deel van die bevolking gerig is?
Kyk na die foto hierbo, dit was kwesbare mense wat gekies het om op plaas te bly – seker groot deel van hul lewe. Wie is jy om te se hulle moes nie daar wees nie, hulle ontneem ander mense iets of hulle het enigiemand verdruk.
Kry die vrot politiek en opgemaakte skuldgevoelens uit jul koppe en word mense met verstand en wysheid, word wakker en sien die bloed en dood vir wat dit is – GRUWELDADE en nie net gewone misdaad nie!

marous ·

Heel korrek . Nog NOOIT het witmense ou swart mense so uitgewis nie . As Croukamp beweer dat dit net deel van gewone misdaad is , laat hy statistiek voorle van hoeveel bejaarde swart mense die afgelope jaar vermoor is in hul eie huise op dieselfde grusame wyse as waarmee wit oumense verbrysel word.

JS ·

Waar is die EFF en die ANC se vroueliga?? of maak dit nie saak nie, dis mós maar net wit mense.

Bok ·

Hoop dit is wel ‘n korrekte vedargte en dat hy sy medipligtiges sal ontbloot.

Boervrou ·

Stem saam met Tamboti. Mense wat nog nie sulke hartverskeurende misdaad na aan hul eie mense beleef het nie weet nie waarvan hulle praat nie . Ons is ook boere ek en my man ver oor die 60. Dis ons lewe waarvoor ons al die afgelope 50 jaar werk. Sou jy alles net so los om dan wat te gaan doen.

Mrs H ·

Die moorde het op die Wes Rand gebeur, en die verdagte is vasgetrek rondom Vaaldriehoek gebied… Jutte, dis darrem wyd! Word hierdie moordenaars gestuur en dalk selfs betaal? Want dit maak nie sin as jy net na die radius kyk nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.