Een vas vir gewapende Pick n Pay-rooftog

Argieffoto

ʼn Man is Vrydag in hegtenis geneem in verband met ʼn gewapende rooftog by die Linton Grange Pick n Pay-inkopiesentrum in Port-Elizabeth in die Oos-Kaap.

Dit volg nadat vier mans, van wie minstens twee gewapen was, Vrydagoggend kort ná openingstyd die winkel binnegestorm en aangedring het op kontant. Hulle het op die vlug geslaan met net ʼn kluis in ʼn wit Toyota Quantum-minibustaxi.

Kapt. Johan Rheeder, woordvoerder van die polisie, sê die man is enkele ure ná die rooftog in hegtenis geneem by ʼn Shell-vulstasie in dié dorp.

Rheeder sê die man was vermoedelik ook die bestuurder van die minibustaxi.

“Die polisie is steeds op soek na die ander drie verdagtes wat by die rooftog betrokke was,” sê hy.

Geen skote is tydens die voorval afgevuur nie. Niemand is in die voorval beseer nie.

Mense met meer inligting word gevra om die polisie op die misdaadnoodlyn by 0860 010 111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.