Een vas vir moord op ses in Khayelitsha

Khayelitsha (Foto: Tracey Adams/ANA)

’n Verdagte is in hegtenis geneem in verband met die onlangse moord op ses mense in die Enkanini- informele nedersetting in Khayelitsha.

Die moorde het presies ’n week gelede plaasgevind.

Brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, sê speurders verbonde aan die polisie se eenheid vir georganiseerde misdaad het ’n 35-jarige verdagte in hegtenis geneem in verband met die voorval.

Die verdagte is formeel van moord aangekla en sal Maandag in die landdroshof verskyn.

Potelwa sê nog inhegtenisnemings kan verwag word namate die polisie se ondersoek momentum kry en die speurders hulle op spesifieke leidrade toespits.

Maroela Media het vroeër berig twee vroue en vier mans tussen die ouderdomme van 18 en 27 is verlede Sondag dood toe drie verdagtes omstreeks 16:10 lukraak skote op slagoffers in Lindelaweg afgevuur het.

Vyf van die slagoffers is daardie middag met die polisie se aankoms op die twee tonele, sowat 200 meter van mekaar, gevind. ʼn Sesde persoon is met hul aankoms by die hospitaal dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Wondermaarnet ·

Hopelik gaan hy die ander onder die bus ingooi en hul name verskaf voor daar nog onnodige moorde gepleeg word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.