
Argieffoto bloot ter illustrasie van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) in Bloemfontein. (Foto: SUT/Facebook)
ʼn 21-jarige vrou is in hegtenis geneem nadat sy glo by ʼn stoorkamer van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) in Bloemfontein ingebreek en die vertrek aan die brand gesteek het.
Volgens lt.kol. Thabo Covane, polisiewoordvoerder, is veiligheidswagte na die stoorkamer in Goddardstraat ontbied waar hulle twee verdagtes aangetref het.
“ʼn Man het weggekom, terwyl die veiligheidswagte die vrou aangekeer het. Sy is aan die polisie oorhandig.”
ʼn Saak van inbraak en brandstigting is by die Parkweg-polisiestasie aanhangig gemaak.
Die vrou sal na verwagting Vrydag in die landdroshof in Bloemfontein verskyn.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
4 Kommentare
Sy moet net vertel WIE het haar gestuur!
Dis so duidelik soos daglig dat AL hierdie plekke wat aan die brand gesteek word, word deur dieselfde groep gedoen! Dis tyd dat hierdie groep vasgetrek word. Waar is die spesifieke mense wat hierdie dinge moet ondersoek en stop sit? DIS hoekom die oproer in JULIE ook opgeeindig het in ‘n massiewe tragedie, die mense wat hierdie dinge moet verhoed is aan die slaap
Sy swot seker Krimilogie