Een verdagte, een veiligheidswag dood tydens Witbank-transitorooftog

Foto: SAPD, Facebook

Foto: SAPD, Facebook

Twee mense, insluitend ʼn veiligheidswag, is Dinsdag tydens ʼn transitorooftog in Witbank doodgeskiet en ʼn derde is beseer.

“Die veiligheidswag het geld by ʼn winkel in Klipfontein opgelaai,” het kol. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie in Mpumalanga, gesê. “ʼn Groep gewapende mans het op hom losgebrand toe hy by die winkel uitstap.”

Polisielede wat die gebied patrolleer het, het die skote gehoor en reageer. “Die verdagtes het op die polisie geskiet,” het Hlathi bygevoeg. “Die polisie het een van die verdagtes doodgeskiet.” ʼn Motorwag is tydens die skietery in sy been gewond en later na die hospitaal geneem.

“Een van die mans is in hegtenis geneem terwyl die res in ʼn Corsa en ʼn Quantum-bussie gevlug het,” het hy gesê.

Die geldboks het ontplof toe die mans daarmee weggehardloop het. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ria Maritz ·

Dis jammer wanneer mense in die uitvoering van hul pligte vermoor word – wel, die een verdagte het maar gesterf soos hy geleef het.

chriskruger61 ·

Die polisie moes meer rowers gedood het. Net jammer die geldkas wat ontplof het het nie die ander rowers gedood nie.

Jasper ·

n Sekere politikus se fondsinsamelingsprojek om sy uitstaande belastinggeld te betaal voordat hy in die parlement toegelaat kan word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.