Een verdrink, een word steeds vermis ná hulle van brug af spring

Swartkopsriviermond Foto: nmbt.co.za

Swartkopsriviermond Foto: nmbt.co.za

ʼn Man het in die Swartskopsrivier naby Port Elizabeth in die Oos-Kaap verdrink en ʼn tweede man word steeds vermis nadat hulle Sondag van ʼn brug by dié rivier gespring het, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.

“Die NSRI is omstreeks 14:30 ontbied nadat ʼn plaaslike man, in sy vroeë 20’s, glo van die brug af in die rivier in gespring en nie weer opgekom het nie,” het Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, in ʼn verklaring gesê. “Ons vermoed sy vriend, ook ʼn plaaslike man en ook in sy vroeë 20’s, het ook afgespring in ʼn poging om hom te red. Ooggetuies sê die vriend het ook onder die water verdwyn.”

Lambinon sê die liggaam van die eerste man wat gespring het is gevind, maar die tweede man se liggaam is vermoedelik deur die gety meegesleur.

Die polisie se soektog na die vermiste man duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.