Een verkool, ander man kritiek ná gru-ongeluk

Van Reenenspas (Foto: Netcare911)

Een man is dood en ʼn ander in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat twee vragmotors vroeg Saterdagoggend reg van voor op die Van Reenenspas op die N3 gebots het.

Chris Botha, Netcare911-woordvoerder, sê nooddienste is omstreeks 05:10 Saterdagoggend na die toneel uitgeroep.

“ Albei vragmotors was in vlamme gehul,” sê Botha. “Omstanders het daarin geslaag om die een man uit die vragmotor te ruk, maar die ander man is in die ongeluk oorlede.”

Botha het nie die moontlikheid uitgeskakel dat ander persone ook in die vragmotors kon wees nie. “Die brandbestryders het nog op die toneel gespook om die brande te blus. Ons sal eers met sekerheid daarna kan sê of enigiemand anders oorlede is.”

Die ander man is tans in ʼn kritieke toestand in die hospitaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Pieter ·

Met twee bane op en twee bane af met sperstreep in die middel, sal niks verder kommentaar lewer nie.

Oompie ·

Mense sal ook nooit leer hoe gevaarlik daai pas werklik is nie, so hartseer.

Danie ·

Oompie dit is nie die pas wat gevaarlik is nie dit is die bestuurders van die voertuie. Jaag soos besetenes.

ken benoni ·

Simpatie aan die families betrokke.
Dit is dalk tyd dat daar na iets anders gekyk word om die dodetal van daardie betrokke pas af tebring. Kan daar nie ‘n tonnel gebou word nie, die tegnologie bestaan tog, dit sal duur wees maar met aldie geld wat gesteel word is so iets tog moontlik!!!

zoom zoom ·

Ken benoni
Kan jy name gee van wie die geld steel. Het jy dit by die SAPD aangemelt. Het jy dit iewerste gehoor of gelees?

Cherokee ·

Wel ek ken Benoni glad nie, ook ken ek nie Springs nie maar Ken praat sin. En die ingezoomery op hom asof hy lieg, is unfair want hy erken dat hy ken van wat hy praat. So zoom maar weer uit, dit neig te klink jy trek part vir die gelddiewe. Aan jou kommentare sal jy uitgeken word.

LB S ·

Zoom, en jy is ongeskik om so sarkasties te wees op ‘n blote kommentaar waarop Ken tog geregtig is.

Erika ·

Air ons ou nasie is maar altyd gou om die slegste te verwag. 2 Bane op & 2 bane af met ‘n sperstreep – heeltemal korrek! Voeg by ongelooflike mistige toestande, sneeu & verskeriklike kruis winde op Van Reenen pas. Ongelukke gebeur & soms is dit totaal & al buite ons beheer & het dit did wills niks met spoed te doen nie.

Pieter ·

Ek ry daardie pas gereeld ongeveer 15 keer per maand,kan getuig van die spoed wat vragmoters daar afry, gladnie 60 Km. per uur soos wat hulle moet nie. Ek praat nie eers van op wit sperstrepe verbygaan in die motor laan nie.Hulle weet dat daar nie verkeersmanne is vroeg in die oggend nie.

Leoni ·

Ons ry de beers pas. Mis al daai verkeer. En pragtige landakap

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.