Eenheid by Koeberg binnekort herstel

Suid-Afrika se Koeberg-kernkragstasie

Suid-Afrika se Koeberg-kernkragstasie

ʼn Eenheid by Koeberg-kragstasie ondergaan toetse voordat dit weer aangeskakel word, het Eskom Maandag gesê.

Die eenheid, wat 900 MW krag opwek, moes Sondag weens ʼn tegniese fout van die netwerk afgehaal word. Eskom het Maandagoggend gesê die kragnetwerk is onder ekstra druk weens die fout op die eenheid.

“Die eenheid sal na verwagting teen die einde van die week weer ten volle in werking wees,” het Eskom in ʼn verklaring gesê.

Dan Marokane, waarnemende uitvoerende hoof, het egter gesê die eenheid sal volgende Maandag weer afgeskakel word vir geskeduleerde instandhouding. “Die eenheid sal Maandag, 9 Februarie afgeskakel word en sal na verwagting teen die einde van Mei weer in werking wees,” het Marokane gesê.

Eenheid twee werk teen volle kapasiteit en verskaf 930 MW aan die stelsel.

Marokane het die publiek gemaan om spaarsamig elektrisiteit te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Bly STIL ·

That’s a POWER PLANT with massive power ans sots can’t run it

CHRISTA ·

Die ANC het voor die 1994 verkiesing gratis water en elektrisiteit, gratis onderwys, gratis behuising, gratis mediese dienste aan die kiesers belowe – hulle kan nie eers handhaaf wat hulle by die apartheid regime oorgeneem het nie – hoe gaan hulle dit verbeter, en dan ook verniet?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.