Eenheid moet fluitjieblasers in SA beskerm

Babita Deokaran is verlede week vermoor.

ʼn Korrupsiewaghond het Woensdag gewaarsku dat fluitjieblasers se lewens bedreig word, ʼn maand ná die moord op ʼn gesondheidsbeampte wat korrupsie oor PPE-tenders onthul het.

Die veiligheid van fluitjieblasers het in die kollig gekom ná die moord op Babita Deokaran, waarnemende finansiële hoof van die Gautengse departement van gesondheid. Deokaran (53) is op 23 Augustus in Johannesburg doodgeskiet nadat sy haar kind by die skool afgelaai het.

Sy was die sleutelgetuie in ʼn ondersoek oor verdagte tenders vir die verskaffing van persoonlike beskermingstoerusting (PPE) in Gauteng.

“Diegene wat dapper genoeg is om korrupsie te onthul se lewens word bedreig,” het Corruption Watch gesê in ʼn verslag oor “voortgesette verrotting” in Suid-Afrika. “Die omgewing is al hoe meer vyandig jeens fluitjieblasers.”

Nege verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die saak. Minstens ses staan tereg op aanklag van moord.

Pres. Cyril Ramaphosa het vroeër Deokaran se koelbloedige moord veroordeel. Hy het gesê fluitjieblasers speel ʼn uiters belangrike rol om korrupsie bloot te lê en dat diegene wat van korrupsie kan getuig, beskerm moet word.

Die motief vir Deokaran se moord is nog nie bepaal nie.

Die provinsiale premier, David Makhura, het gesê inligting wat Deokaran gedeel het, het tot afdankings gelei en eise om geld van ondernemings en staatsamptenare terug te kry.

Die regering het vandeesweek ʼn eenheid van stapel gestuur om fluitjieblasers in die staatsdiens te beskerm.

Corruption Watch benadruk dat hul veiligheid “dringend gewaarborg moet word” om te verhoed dat ander mense ontmoedig word om te getuig.

Die groep het gesê sowat 2 000 fluitjieblasers het gewys dat korrupsie onverpoosd voortgeduur het in die eerste helfte van 2021 in die staat- en privaat sektor. Meeste van die onthullings van uitbuiting en magsmisbruik hou met die polisie verband.

Korrupsie oor aanskaffing en wanbestuur is ook onthul in die regering se reaksie op die pandemie, staatsfinansiering vir skole en behuising en voedselhulp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Nicholaas ·

Ek dink hul moet begin by hoed en dan so afwerk tot polisie weer effektief is en dan kan hul bo begin in regering en af werk.

Tiptol ·

Fluitjieblasers se lewens is in gevaar en daar gebeur niks met die korruptes nie. Hul gaan voorr met hul lewens. Kry selfs nuwe poste.

Yvonne ·

Verroting duur voort want daar word voete gesleep oor die sake…jaar in en jaar uit….voorbeelde in hulle duisende

Harley Davidson ·

Dit is n goeie inisiatief en moes al in plek gewees het met die Sabc 8 dan glo ek was Suna Venter nog met ons.

Nie Verbaas ·

Korrupsie sal nie stop vir solank as wat die ANC regering in bewind is en die se kaders poste vul waar daar toegang tot tenders en finansies is nie. Ook nie terwyl groot visse nie agter tralies is nie Wie gaan nogal die fluitjieblasers beskerm, wie gaan hulle keur en gaan toetse op hulle uitgevoer word om te bepaal of hulle omkoopbaar is?

Nic ·

Dit is beslis tyd dat die regering n referendum doen vir die doodstraf want dit gaan te lekker in SA . Maak nie saak Wie dit is wit swart kleur maak nie saak moord Bly moord en ons moet vir Betaal vir hulle verblyf en kos wat hulle nie verdien

Marcello ·

Die doodstraf sal nooit teruggebring word nie, want dan TAS JY HULLE MENSEREGTE AAN, want net die moordenaar het menseregte, NIE die slagoffers nie.

Boon ·

dit moes al jare gelede as standaardpraktyk in werking getree het. Maar nog nie te laat nie

Jack ·

Wie gaan hulle in afrika beskerm terwyl die sluipmoordenaars van ons buurlande gewerf word. Na die aanslag verdwyn hulle net weer oor die rivier en dis waar dit eindig. Om iemand in ons land te arresteer is die maklike deel. Om hulle gevonnis te kry en in die tronk te hou vir die volle termyn is n totaal ander kwessie. Los maar elke ou moet homself beskerm as hy die regte ding wil doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.