Eenjarige in oprit raakgery

Die baba word met 'n helikopter na 'n hospitaal geneem. Foto: ER24

Die baba word met ‘n helikopter na ‘n hospitaal geneem. Foto: ER24

ʼn 18 maande oue baba is in ʼn kritieke toestand na ʼn KwaZulu-Natalse hospitaal geneem nadat die kind in die oprit na ʼn huis deur ʼn motor raakgery is.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het by ʼn huis in KwaXimba in Cato Ridge plaasgevind.

“Die motor was besig om agteruit in die oprit te ry toe dit oor die baba gery het. Die baba is na ʼn plaaslike kliniek geneem waar ER24 ontbied is,” het Bodasing gesê.

Verpleegsters het na die kind omgesien totdat paramedici opgedaag en oorgeneem het. Die kind moes met ʼn Air Mercy Service-helikopter na ʼn plaaslike hospitaal geneem word vir verdere behandeling.

Die omstandighede rondom die voorval is onbekend en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Lida ·

Liewe hemel NEE !!!! Ek weet ongelukke gebeur maar mens hou jou baba/kinders of diere vas of binne die huis voordat daar gery word. Die hele huisgesin moet daarop gesteld wees. Voor die persoon ry moet hy/sy vra waar is die baba of kleuter. Dit is onverskillig en onverantwoordelike optrede. Jammer maar dit is hoe ek voel.

m ·

Sjoe dis baie sleg. Mens moet ma altyd versigtig wees en ma kyk of jou kind of woef uit die pad uit is voor jy ry. Sterkte aan die familie.

Wat-ek-lees ·

Lida en m, julle is 100% reg. Nou moet daar met die res van jou lewe ook saam geleef word met hierdie verwyt. Kyk maar mooi voor jy ry.

Yvonne ·

Moenie so maklik oordeel nie, mense. Ons weet nie wat die omstandighede was nie. Baie jare gelede het ek amper oor ons buurman se kleuter gery toe ek by ons oprit, in tru-rat, uitgery het. Ons bakkie was natuurlik hoog agter, wat dit moeilik gemaak het om ‘n ou kleintjie te sien en ek was reeds uit ons erf, in die oprit tussen ons eiendom se hek en die straat. Gelukkig het ‘n voetganger wat van die teenoorgestelde kant van die kindjie aangehardloop gekom het geskree dat ek moet stop. Dis net genade dat ek nie oor die kindjie is nie (en natuurlik was buurvrou uiters nalatig al het sy ‘n billike verskoning gehad).

Janet ·

Genugtig, gèèn mens sal doelbewus so iets doen nie! Hierdie bestuurder benodig AL ons ondersteuning en gebede sowel as die kleinding en die res van die familie. Sit asb ‘n wag voor jou mond, jy weet nooit of so ‘n tragedie op jou pad kan voortkom nie. Sterkte

Joann ·

Lida ek stem saam. Mens kan nooit te gerus wees waar klein kindertjies is nie,hul is vinniger as blits.

Ri ·

Elke keer as ek van so n tragedie hoor voel ek al sterker daaroor dat alle voertuie met sensors toegerus moet wees (selfs die kleinste voettuoe) dan kan sulke tragedies moontlik voorkom word.
Sterkte aan die gesin

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.