Eenjarige kritiek ná hek op hom val

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Eenjarige seuntjie van Pretoria is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat ʼn veiligheidshek Woensdag op hom geval het.

Johan Pieterse, ʼn woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 09:00 in Soshanguve plaasgevind. “ʼn Familielid van die kind het glo gesukkel om die swaar hek oop te kry,” het hy gesê. “Die hek het in die proses ontspoor, omgeval en op die kind beland.”

Die kind was reeds onder die hek uit verwyder toe paramedici by die huis aangekom het. “Die kind het ʼn groot sny aan sy kop opgedoen en baie bloed verloor. Hy is in ʼn stabiele toestand na die George Makari-hospitaal gehaas. Sy toestand word as kritiek beskou, aangesien hy nog jonk is en ʼn ernstige kopbesering opgedoen het,” het Pieterse bygevoeg.

Hy sê toetse sal gedoen word om te bepaal of die seuntjie enige breinbeserings opgedoen het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.