Eenjarige kritiek ná sy amper in emmer verdrink

Argieffoto.

Argieffoto.

ʼn Eenjarige dogtertjie van Stilfontein in Noordwes is in ʼn kritieke toestand nadat sy Donderdag amper in ʼn emmer met water verdink het.

Russel Meiring, ʼn woordvoerder van ER24, sê die voorval het by ʼn huis in die dorp plaasgevind. “Paramedici van ER24 is na ʼn dokter se spreekkamer ontbied,” het Meiring gesê. “Toe hulle daar aankom was die dokter besig om KPR op die kind toe te pas. Sy het nie ʼn pols gehad nie. Paramedici het die dokter bygestaan en na ʼn langdurige poging kon hulle haar bybring.”

Die dogtertjie is gestabiliseer, waarna sy met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir gevorderde behandeling.

Die ma het later aan paramedici gesê sy het uit haar huis gekom en haar kind, met haar bolyf in die emmer vol water, aangetref. Sy het dadelik haar kind gegryp en haar probeer bybring, maar dit het nie gehelp nie. Sy het daarna met die kind na die dokter gejaag vir hulp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Leana ·

Ai mammas, pas julle kinders op. Net ‘n teelepel water is genoeg vir so ‘n jong kind om in te verdrink.

Vicky ·

Dit kan met enige Mamma gebeur, dit maak jou nie n slegte Mamma nie! Dit is letterlik sekondes van nie oplet waar jou kinders is nie. Baie sterkte en bid sy herstel vinnig!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.