Eenjarige sterf na gesinshond haar byt

Argieffoto Foto: HeikeIr, Pixabay

Argieffoto Foto: HeikeIr, Pixabay

ʼn Eenjarige dogtertjie is dood nadat sy Vrydag deur die gesin se hond by hul huis in Hermanus gebyt is.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die dogtertjie was saam met haar 53-jarige ouma by die huis, toe die gesin se Amerikaanse veghond haar volgens die ouma vir geen rede nie, aangeval het.

Die dogtertjie is na ʼn hospitaal gehaas, waar sy later aan haar beserings beswyk het. Die ouma is ook in ʼn hospitaal opgeneem vir behandeling, nadat sy bytwonde opgedoen het toe sy haar kleindogter probeer beskerm het.

Die hond is na die Hermanus-dieresorgvereniging (HAWS) geneem, waar hy van kant gemaak is. Die HAWS het sy skok uitgespreek oor die feit dat hulle die reun moes uitsit. “Die eienaar van die hond kan nou strafregtelik vervolg word.” Volgens die HAWS was die hond nie reggemaak nie, aan ʼn ketting vasgemaak en het hy glo al voorheen iemand aangeval.

ʼn Geregtelike doodsondersoek is geopen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

63 Kommentare

jongste oudste gewildste
Liewe heksie

Nee nee nee veral as die hond voorheen iemand aangeval het o nee RIV babatjie

Johan

Ai toggie, dus baie hardseer. Ek is nou nie in ‘n hond se gedagtes nie om te kan besluit hoe om te maak nie maar honde is jaloers en het ook net 1 baas wat di hond besluit om aan te neem. Ek bid vir hierdie mense wat hul ou baba kindjie so moet afstaan. Ons moet as honde eienaars besef dat jou hond of hondjie eerder op ‘n veilige afstand gehou word van kiddies af asook mense wat nie weerstand kan bied sou ‘n hond hom of haar aanval . Dus baie erg saam is my hart seer met… Lees meer »

Cherokee

Wat ‘n tragedie..! Arme kleinding. Dit is hartseer wanneer sulke dinge gebeur.
Die hond was ‘nie reggemaak nie’. Was die hond dan verkeerd gebore?

Karen

My bloed kook as ek sulke goed lees! Wat soek ‘n 1 jarige kind by ‘n hond??? Enige hond!!! En volgens my is ‘n gesinshond nie een wat aan ‘n ketting vasgemaak word én boonop al aggressief was teenoor mense nie! Asseblief!!!! Ek het ‘n pitbull en hy is ‘n gesinshond , maar my dogtertjie is ook van kleins af geleer hoe sy met enige ras honde oor die algemeen werk! Dit bly ‘n dier en as mens sulke tipe honde wil aanhou is jy veronderstel om te weet wat jy het en nie kanse te vat nie. Ek is… Lees meer »

Deon

Die HAWS? Julle moet maar liewer nie praat nie. Die arm pa het sy kind verloor. Bly eerder tjoepstil.