Eenjarige sterf na gesinshond haar byt

Argieffoto Foto: HeikeIr, Pixabay

Argieffoto Foto: HeikeIr, Pixabay

ʼn Eenjarige dogtertjie is dood nadat sy Vrydag deur die gesin se hond by hul huis in Hermanus gebyt is.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die dogtertjie was saam met haar 53-jarige ouma by die huis, toe die gesin se Amerikaanse veghond haar volgens die ouma vir geen rede nie, aangeval het.

Die dogtertjie is na ʼn hospitaal gehaas, waar sy later aan haar beserings beswyk het. Die ouma is ook in ʼn hospitaal opgeneem vir behandeling, nadat sy bytwonde opgedoen het toe sy haar kleindogter probeer beskerm het.

Die hond is na die Hermanus-dieresorgvereniging (HAWS) geneem, waar hy van kant gemaak is. Die HAWS het sy skok uitgespreek oor die feit dat hulle die reun moes uitsit. “Die eienaar van die hond kan nou strafregtelik vervolg word.” Volgens die HAWS was die hond nie reggemaak nie, aan ʼn ketting vasgemaak en het hy glo al voorheen iemand aangeval.

ʼn Geregtelike doodsondersoek is geopen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

63 Kommentare

Liewe heksie ·

Nee nee nee veral as die hond voorheen iemand aangeval het o nee RIV babatjie

rudi ·

Die hond moes uitgesit gewees het met die eerste aanval. Eienaar of pitboel mense het seker gese hy was uitgelok of so iets. Nou het die VEGhond sy genetiese ingeteelde gene gewys. Die honde moet verban word

Karisma ·

Rudi ek kan nie sien hoekom die breed verban moet word nie, mense moet ophou stupid wees en diere wil aanhou vir security redes en hulle he vir toeteldiere en die Hele “prentjie” sal verander

Janine ·

Ag jinne, Rudi. ‘Common sence’ het al uitgesterf, lyk dit my. In meer as AGTIEN jaar as eienaar van die ‘vreeslike’ ras, het nie een al ooit iemand gebyt, of selfs probeer nie. My 4 kinders is almal van babadae geleer om honde se spasie te respekteer, anders het hul gatte gebrand! Verder is die APBT NIE mens-aggressief geteel nie. Inteendeel! As hul mens-aggressief was sou hul hanteerders geen beheer oor hul in die ‘pit’ gehad het nie. Soos duidelik genoem, was die hond aan ‘n ketting vas. M.a.w, nie deel van die huishouding soos dit HOORT nie. My twee Pitties leef in die huis, saam ons. Hulle word nie buite vasgemaak en van vergeet nie.

Die Internet beskik oor verskeie ‘academic sites’ met bevestigde inligting rakende die ras se persoonlikhede en FEITE. Maak gerus gebruik daarvan.

Johan ·

Ai toggie, dus baie hardseer. Ek is nou nie in ‘n hond se gedagtes nie om te kan besluit hoe om te maak nie maar honde is jaloers en het ook net 1 baas wat di hond besluit om aan te neem. Ek bid vir hierdie mense wat hul ou baba kindjie so moet afstaan. Ons moet as honde eienaars besef dat jou hond of hondjie eerder op ‘n veilige afstand gehou word van kiddies af asook mense wat nie weerstand kan bied sou ‘n hond hom of haar aanval . Dus baie erg saam is my hart seer met ‘n traan in my oog por di tragedie God Bless.

Karma ·

Ja en nou gaan almal weer aan oor dit ‘n VEGbulterriër (pitbull) is wat die kind gebyt het. Nommer een – wat soek so ‘n klein kindjie sonder toesig (klaarblyklik) by ‘n hond – ENIGE hond? Nommer twee – hoekom is daardie hond VASGEKETTING???????? Dit is teen die wet om ‘n hond vas te ketting. Nommer drie – as hy reeds iemand gebyt het, moes daar mos voorsorg getref word. Nou is die kindjie dood en die hond ook uitgesit. Dit is in elk geval “bull” dat vegbulterriërs outomaties aggressief is en doodbyters is. Jou kleinste brakkies, soos Chihuahuas, Maltersers en Pekingese is net so geneig om byterig te wees. Enige hond sal byt as dit bedreig voel. Innige simpatie aan die ouers en grootouers van die ou babatjie ….

Cherokee ·

Wat ‘n tragedie..! Arme kleinding. Dit is hartseer wanneer sulke dinge gebeur.
Die hond was ‘nie reggemaak nie’. Was die hond dan verkeerd gebore?

Karen ·

My bloed kook as ek sulke goed lees! Wat soek ‘n 1 jarige kind by ‘n hond??? Enige hond!!! En volgens my is ‘n gesinshond nie een wat aan ‘n ketting vasgemaak word én boonop al aggressief was teenoor mense nie! Asseblief!!!! Ek het ‘n pitbull en hy is ‘n gesinshond , maar my dogtertjie is ook van kleins af geleer hoe sy met enige ras honde oor die algemeen werk! Dit bly ‘n dier en as mens sulke tipe honde wil aanhou is jy veronderstel om te weet wat jy het en nie kanse te vat nie. Ek is baie jammer vir die dogtertjie, maar neem haar ouers kwalik!

Mariana ·

Karin hoe wreed van jou om te sê jy neem die ouers kwalik. Mag jy nooit die verlies van ‘n kindjie ervaar nie. My opregte simpatie en gebede aan die ouers en familie in hierdie donker hartseer tyd. Ek bud dat ons Hemelse Vader julle almal die krag sal gee om hierdeur te kom. Ek huil saam met julle oor julle diepe verlies van julle kindjie.

×××××× ·

Daai honde is gemors en klaar. Jy weet nie waarvan jy praat nie. So bly jy maar liewer stil!!!!

Joey ·

Karen ek bid dat so aalwynbeker jou verbygaan want dit is bitter om dit te drink. Mag julle wat so maklik oordeel nooit aan die verkeerde kant van die draad staan nie. Jou en die ander wat nou so met rotse gooi se woorde maak seer ! Baie seer!

Joey ·

Ek bid dat julle wat nou so met rotse gooi nooit uit hierdie aalwynsbeker (om ‘n kind te verloor) hoef te drink nie. Julle woorde en verwyte maak seer , baie seer. Bid liewer vir vertroosting as om mense wat op hul knie is , verder te gesel.

Karisma ·

Ek werk daagliks met honde en n labrador kan net so agresief wees, geen dier en geen kind verdien om so iets deur te gaan nie. Net soos jy jou afdag kry en mislik is so kry n dier ook sy afdag, rispekteer n dier want hy kan nie vir homself praat nie dis hoekom volwase mense vir n dier moet dink en praat

CommentQueen ·

Karen. Julle sê klein kindertjies moet nie NABY ENIGE honde ras kom nie, maar tog adverteer almal hoe WONDERLIK ioerdie VEGhonde is met fotos van hul pap babas by die hond. Hond op die bed by baba. “Kyk ons betroubare babysitter”
Ek stem saam met jou GEEN HOND IS BETROUBAAR NIE! ps: ons het 2 groot familiehonde waarvoor ons baie lief is – maar dit bly n hond wat enige dag kan kopverloor…..

Om te sê dis die ouers se skuld is baie onregverdig. Ons was nie 1 daar om te weet wat gebeur het nie.
As dit my baba en my hond was sou ek ook doe hond laat uitsit.
VERSEKER was hierdie NIE n gesinshond nie, want soos jy sê, word n gesinshond nie aan kettings vasgemaak nie.

Alrea ·

Enige hond is wat jy van hom maak…..vasgeketting…….NEEEE Ek stem volkome saam met Karen…

Wilma Louw ·

Dis nie “daai honde” wat ‘n gemors is nie. Dis die verdomde mensdom wat ‘n gemors is.

Shané ·

Ek stem 100% saam met jou. Beide mens en dier moet leer om mekaar te respekteer. As j weet jou hond het ‘n neiging om mense te byt daag j dit nie uit nie. Hou dan jou kind weg van die hond af.

Deon ·

Die HAWS? Julle moet maar liewer nie praat nie. Die arm pa het sy kind verloor. Bly eerder tjoepstil.

Joann ·

Ek kan nie my mening lig nie maar ek het baie ondervinding van honde en alle rasse,maar het nog nooit probleme gehad nie. Hond aan ketting wat nie gesterliseer is nie is groot probleem. Wat soek kind by hond???

M'Lady ·

“Gesinshond” my voet. Geen hond wat aan n ketting vasgemaak word is n gesinshond nie. Reune moet in elk geval gesteriliseer word anders is hulle aggressief. Die hond moet nou weer die spit afbyt agv onverantwoordelike eienaars. Die hond is ook seker nooit gesosialiseer nie.

Popeye ·

Hierdie is rerigwaar ‘n baie tragiese ding wat gebeur het. Ek dink nie mens herstel ooit van so ‘n trauma nie…..verwyte verwyte verwyte.

Gerhard ·

My seun het onlangs ‘n kind se lewe gered wat deur twee pitbulls aangeval was in die straat. Die 10 jarige kind se arm was gebreek en verskeie wonde aan haar kop gehad. Die kind het saam met die honde grootgeword. Rudi, ek stem saam, dis ‘n VEGhond. Dit behoort ‘n vereiste te wees dat eienaars ‘n lisensie moet hê. My seun sukkel nog na twee maande om van sy wonde te herstel.

Linette ·

Lees mooi, die hond is aan ketting vasgemaak gewees.
Dis oor onkunde dat ongelukke soos die gebeur en onnoselheid dat jy sê die tipe honde moet verban word.
Duidelik is jy ook onkundig!!
Moet labradores ook nou verbam word na die kind deur hulle familie lab verskeur is.
Dis hoe jy jou jond grootmaak en wat jy kinders en ander toelaat om aan jou hond te doen wat alles beinvloed.

N ·

Dit is so hartseer. My hart breek vir daai baba. RIV klein engeltjie.
Wat soek n mens moet so hond en veral as jy n kind het?????? Daai tiepe hond ken net baklei en byt…maak nie saak of n kind saam hulle groot word of nie. Dit is in hulle en hulle kan enige tyd “snap” .

Sandra ·

Die dier se naam sê dit presies soos dit bedoel is: “Amerikaanse VEGHOND”. Die dier is geteël vir vegdoeleindes, so hoekom op dees aarde sal iemand so ‘n dier as troeteldier by ‘n eenjarige baba aanhou? As die dier dan veg en verskeur soos wat sy aard en teëldoeleindes is, dan word hy gekruisig en doodgemaak……

snoefie ·

wat al die veroordeelaars uit die lig verloor is die rede hoekom meeste mense honde aanhou. as afskrikmiddel vir kriminele. met ander woorde die honde moet so kwaai as moontlik wees om ons teen die kriminele element te beskerm want die polisie stem nie belang nie. hulle eie belange soos om taxi te ry en skoolbus en in sleep diens met die voertuie geniet voorrang. daarom moet babas, kinders, onskuldiges dikwels met hulle learns boet omdat die anc hulle pligte versuim.

Cheryl ·

Dit is verskriklik! Weet nie wat sal ek doen as so iets my moet oorkom nie -sterkte aan die ouers- ongelukke gebeur so vinnig!

ahp ·

Wil net onder almal se aandag bring. As jy ń hond leer om te byt sal hy byt. As jy ń perd leer om te spring sal hy spring. As jy ń voël leer om te praat sal hy praat!!!

Annie ·

So, die pitbul het reg om in die erf te wees, en die kindjie moet eintlik aan ‘n ketting vas wees om nie naby die geteëlde VEG hond te kom nie! Dis pateties om sulke honde by kiddies aan te hou! Of sit hulle in ‘n veilige hok, maak hulle net oop as daar nie kinders in die omtrek is nie. RIP klein engeltjie. Simpatie met die ouers.

CommentQueen ·

Annie, jou kommentaar is baie dubbel sinnig….
Jy voel die ouers is pateties omdat die hond by hul baba was – maar simpatie vir die ouers…???
Jy kan nie hulle slegsê en troos nie.
Klim van die draad af waarop jy sit.

hans brits ·

Amerikaanse veghond,dit se alles.R.I.V Jesus kind,jy is nou veilig in Sy arms.

Uitdaging aan pitbul ondersteuners ·

Ek het self n paar pitboele want ek bly in n baie gevaarlike plot area, en hulle doen hulle werk want inbrekers is baie bang….met goeie rede. Ek gee hulle al die liefde, kos en aandag wat hulle ooit sou van droom. Maar ek wil enige verdediger van pitboele uitdaag: kom kyk self hoe “gesinsvriendelik” n pitboel is. As jy glo hulle is eintlik vriendelike dierbare diere, kom leer hier by my of dit waar is en wees gewaarsku, jy kan bitterlik teleurgestel word.

Gerhard ·

Dankie vir jou uitdaging. Niemand is so blind soos hy wat nie WIL sien nie en niemand is so doof soos hy wat nie WIL hoor nie.

Columbiana ·

Mooi vir jou maar ons praat weer as jy op die voorblad van die koerant is omdat jou vriendelike woefies ‘n kuiergas of werker of familielid uitmekaar geskeur het!

Bina ·

Ek is so jammer vir die kindjie dit is hartseer op die ergste graad. Maar eerstens word n baba van een nie alleen naby enige hond gelos nie. Tweedens is dit waar dat hoe jy jou hond grootmaak n rol speel in hoe hy optree. Het n familielid wat in n huisroof was , sy veghond het bo op hom gaan le om hom teen die rowers te beskerm . Hy was nou wel nog nie heeltemal groot nie maar elke keer as hy afgeskop is het hy weer opgeklim . Ja volgens my kan enige hond dodelik wees . So mens hou maar kleintjies weg van honde af .

Francois ·

Soos altyd as daar iewers `n tragedie gebeur dan trek ons mekaar weer uitmekaar uit met woorde wat soms kon gebly het. Ek woon op Hermanus, die area waar die voorval gebeur het is bekend vir die feit dat daar honde gevegte gehou word en dit is nie iets wat ek nou uit my duim suig nie. Tweedens soos iemand tereg uitgewys het `n gesins hond word nie aan `n ketting buite vasgemaak nie. Die feit dat die ouma ook amper doodgebyt was beklemtoon net die feit hoe agressief die hond was. Daar is `n onskuldige kind dood, die hond is uitgesit en dit is nie omkeerbaar nie, die ouers gaan met dit moet saamleef vir die res van hulle lewens maar moet ook verantwoordelik neem en die skuldige partye wie dit dan nou ook mag wees moet aanspreeklik gehou word en vervolg word tot die maksimum toelaatbare straf om so `n onodige insident te verhoed in die toekoms en vir ander `n voorbeeld te stel. Honde is wat jy van hulle maak !!!! hulle begin almal hulle lewens as `n normale onskuldige dier hoe ons as mense hulle hanteer en hanteer bepaal hoe hul opeindig. Met `n ketting buite en ” dalk moontlik ” betrokke in honde gevegte is nie die resep vir `n gesinshond nie maar een vir `n tragedie.

Karma ·

@Francoise – halleluja!!! Uiteindelik iemand wat common sense praat. ‘N HOND IS WAT JY HOM MAAK. Ja, natuurlik is daar “gevaarlike” honde – m.a.w. honde wat meer geneig is om te byt of aggressief te raak. Google ‘n bietjie “the most dangerous dogs in the world” – die pitbull word wel daar as die “top-tien byter” gegrond op navorsing oor aanvalle/beserings gelys, MAAR die Rottweiler, Alsatian, Doberman Pincher en veel ander kleins honderasse word ook gelys as aggressief en geneig om te byt. Die hond in die geval was ‘n ongekastreerde reun, het ‘n geskiedenis van bytery gehad en was VASGEMAAK!!! Sy stresvlakke wat 1/10 al klaar hoog, toe ‘n peuter in sy gebied kom en 1/10 sy ore/hare trek. Ek is self glad nie ‘n ‘fan’ van pitbulls nie, maar weer eens – ‘n hond is wat jy van hom maak. As ‘n hond nie genoeg kos kry, vars water het, VASGEMAAK word, nie genoeg aandag kry nie, GAAN dit byt – my worshond wat al die bogenoemde kry, het my dan al (taamlik seer) gebyt as ek sy siel net te ver uittrek.

Columbiana ·

Weet jy wat se die prokureurs van elke hondbyt geval wat deur hulle kantore kom:
“Maar my hond is so liefdevol hy het nog nooit gebyt nie”. Klein kinders en honde veral veghonde (killer dogs) hoort nie saam nie. Enige hond wat byt moet uitgesit word.

Alrea ·

En enige ou wat my hond skop sal ek persoonlik elimineer…

justine ·

Enige hond kan byt.. Ek is 2 verskillende kere deur Dobermans gebyt (ook kamtige familie hond wat nooit voorheen gebyt het nie) in my gesig en arm. My broer se kop was amper verskeur deur n Staffie… My dogter van amper 3 se beste maat is ons Pitbull. Daardie pitbull sal haar lewe vir my kind gee. Sy het my kind al van n slang gered (klein ene maar steeds n slang) en n roman.. Sy sal enige vreemdeling verskeer wat wag om my kind uit ons yard te vat. Mense moenie altyd die slegste dink van honed nie. as jy n hond gebruik vir gevegte en heel dag vas ketting sal hy sekerlik frustreerd wees en alles en almal wil verskeer. Sterkte vir hierdie kleine mens se familie

Cherokee ·

‘n Tyd gelede, miskien ‘n jaar of bietjie langer terug het ‘n geliefde inwoner van Carletonville soos hy deur die dekades geken is, een van sy vele gesondheidsstappies geneem. Stappies wat altyd oor vele kilomeres gestrek het. Terwyl die omie van in die 90’s by ‘n oop hek verby gestap het, het 4 varkhonde op hom afgestorm en in die straat aangeval. Gelukkig het ‘n verbyganger wat ‘n pistool by hom gehad het, stil gehou en die honde geskiet. Die omie is in die hospitaal opgeneem. Indien enige Carletonviller hier lees kan julle ons vir ons vertel hoe dit met oom JP gaan. Ek hoop hy het volkome herstel.

Marianne ·

Oh no!!!! Dis terrible die ouers en ouma moet deur hel gaan!
Hoe het die hond die kind in die hande gekry???
Rus in Jesus se arms Engel kind.

wilma ·

dankie Francois vi jou positiewe gesindheid teenoor pittbulls. Ons kom al 20jaar aan met pitt bulls. Hier op ons dorp wil elke tweede persoon n pitt bull he vi verkeerde redes. My honde was nog nooit vasgemaak aan ketting nie. Indien jy hond wil vasmaak muni hom aanhou. rudi hou jou stupid kommentaar vi jouself. Once a pitt bull lover always a pitt bull lover. Te veel mense weet ni hu om hul honde met liefde te versorg ni

Wern ·

Wilma, die kommentaar van Rudi is nie stupid soos jy se nie. Joune is. Jy het seker nognie gesien hoe n pitbul n kind of bejaarde aanval nie.

Francie ·

Nog ‘n geval van die verkeerde ras hond op ‘n baie verkeerde plek. Amerikaanse veghonde is nie geteel om familiehonde te wees nie. Die hond het alreeds ‘n geskiedenis van onvoorspelbare aggressie. Om vasgemaak te wees moet hom gefrustreerd maak.
Hoekom ‘n hond onder sulke wrede omstandighede aanhou. Daar is baie ander rasse wat uitstekende waghonde is en nie ‘n gevaar vir sy familie is nie. Gehoorsaamheidsklasse is altyd die beste opsie om te verseker jy is in beheer van jou hond en maak hom ‘n plesier vir die hele huishouding. Dis baie traumaties wanneer ‘n hond byt , en tragies om ‘n kind so te verloor. Honde word selektief geteel wat onder spesifieke omstandighede aangewend kan word. Doen jou huiswerk voordat jy op ‘n spesifieke ras besluit.

CK ·

@Rudie, kry asb enige feite oor enige hond agter mekaar voor jy wilde aantuigings maak. ENIGE HOND SAL BYT WNR HY VAS GEMAAK WORD.

Cecily ·

Hoe laat jy so hond naby n 1jarege toe. Ouers en oumas en oupas julle moet begin verantwoording doen vir jul dade. en begin dink….

Onregverdig ·

Jy kan nie die ouma blameer, sies . Jy is onregverdig. Honde en jaloesie is onvoorspelbaar. Die spesie kort baie kennis en leiding en ek voel ook dit moet met n permit gaan, ander honde kan ook kop verloor!! Baie sterkte aan die gesin & familie, dit is net n helse groot tragedie. Al les as n hond byt hoe gerin, sit uit – maak van kant, dit gaan weer gebeur!!!!!!!

m ·

Hoekom was die arme dier aan n ketting vasgemaak. Daardie dier was heel moontlik so geeiriteerd daarmee en dit het dalk bygedra tot die bytery. nee regtig mense hou op om diere aan kettings vas te maak. Moet hulle dan eerder nie aanhou nie. Hulle moet vry rondhardloop en speel……….

Columbiana ·

Dalk omdat die “arme dier” van tevore iemand gebyt het?

Pitbull lover ·

Ek het ook ‘n Pitbull, die dierbaarste hond ooit. Ons het hom van babatyd af grootgemaak met kinders. My sussies se kleintjies klim oor Teddy, hulle kan in sy kosbak grou, by hom gaan le, in sy hok inklim, want ons het hom van babatyd af geleer dat dit ok is. Hy is ongelooflik lief vir die kinders en ek het hom nog nooit eers gehoor grom nie. Maar……. ons al nie die kinders sonder toesig met Teddy laat speel nie, alhoewel hy dink hy is ‘n worshond (het saam met 2 worshondjies grootgeword) en ek hom vertrou, vat mens nie kanse nie, nie eers met die worshonde nie. Hulle al 3 slaap in die huis, dis ons kinders, maar hulle bly diere. Ek is so jammer vir die tragedie wat die gesin oorgekom het, ek glo nie mens herstel ooit van so ites nie. Mag hierdie ‘n les wees (‘n baie hartseer les) maar, moenie ‘n hond vasmaak aan ‘n ketting nie, dis ongelooflik wreed, en as jy kwaai honde wil aanhou, moenie kinders he nie.

Sandra Moolman ·

Ek is baie jammer vir die baba. Maar dit is slegtigheid van die volwasse persoon wat na die baba moes omsien. Veral as die hond eenkeer iemand aangeval het gaan jy mos baie versigtig wees.
Dan was die hond nogal aan n ketting gewees. Dit is nie reg vir enige dier om so aan n ketting vasgemaak te word nie. RIP kleintjie, jy het dit nie verdien nie. Ek het self n pitbull dis hoe jy die dier grootmaak wat tel. LOS die honde sit die eienaars uit!!!!!!!!!!!!!!!

Shané ·

Ek is bitter teleurgesteld met die post. Byde vir die baba en die hond se onthawe. Beide is onskuldig. Die probleem is NIE die hond nie. Pitbulls is NIE geteel om mens aggressief te wees NIE. Hulle is geteel om aggressief te wees teenoor diere. Hulle is egter GLAD NIE mens aggressief van natuur nie. Indien die een mens aggressief was, is dit bleiklik die EIENAAR van die hond se skuld, HY/SY het hom so gemaak. Die honde moenie verban word nie. Ek dink eerlikwaar mense moet lisensies het om Pitbulls aan te hou want mense kry hulle vir status en weet nie hoe om die honde te hanteer nie. Blame the deed not the breed. Daar is NIKS fout met Pitbulls nie! Hulle bly honde en sal optree soos honde. Blame the person on the other side of the leash!

petro ·

Ons het ‘n pitbull gehad. Wat ‘n wonderlike hond!!! Mense maak hierdie honde nie reg en sosiaal groot nie., Die honde se reputasie word verkeerdelik aan hulle gegee deur mense wat hierdie arme honde vir gevegte gebruik en aan kettings vasmaak.
Hierdie is ‘n baie hartseer voorval en ek simpatiseer met die ouers en grootouers.

Theresa ·

Bittere hartseer vir die ouers om te verwerk. Mens weet nie wat die rede was vir hierdie aanval nie. Persoonlik baie bang vir honde. Daardie skerp goed in hul monde is nie vir vertoon nie…

Lititia ·

Ek het n groot opregte hond gekoop. Hy is goed gesosialiseer. Het klasse bygewoon. Bly in huis en kry baie aandag. Nie my eerste hond nie. Maar my kinders is groot en so was hy nie eintlik aan kleiner kinders gewoond gemaak. Hy hou net nie van kinders. En daarom laat ek GEEN kinders by hom toe nie. Die ander kant weer het n klein hondjie my seun as kind gebyt dat hy 1 week in hospitaal was. Met n gat in sy hand. So my opinie. Maak nie saak die ras of groote . N Hond bly n hond en ons moet nooit dit vergeet nie. Net hoe groter die hond hoe meer skade.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.