Eenjarige verdrink in Boksburg-swembad

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Eenjarige seuntjie het Vrydagmiddag in ʼn swembad by ʼn huis in Boksburg verdrink.

“Dit is nog nie duidelik hoe die seuntjie in die water beland het nie,” het Chris Botha, woordvoerder vir Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Die gesin was in die oprit besig om te probeer om die kind by te bring toe paramedici opgedaag het.”

Paramedici het egter bepaal die seuntjie is oorlede voor hulle nog by die toneel opgedaag het.

Die polisie sal die voorval ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Gerhard Bezuidenhout ·

Baie tragies en dit gebeur in n ommesientjie.Mag die ouers berusting vind.

Willie ·

Hoe is dit verstaanbaar dat ‘n kind in ‘n swembad verdrink? Hoe is dit verstaanbaar dat mense uit motors geslinger word met ‘n botsing? Kla die ouers, nie van nalatigheid, maar van moord!

Vasti ·

Ongelukke gebeur so vinnig en ek wens so ietsie aan geen mamma of pappa toe nie. Wie is ons om te oordeel. Nie een van ons was daar nie. Dit kan nie aan nalatigheid toe geskryf word as die feite nie gegee is nie. Mag die Here sy hand oor die mamma, pappa en familie hou in die moeilik tyd.

Trippie ·

Willie, ek hoop nie jy hoef eendag deur die blinde sambok geslaan te word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.