Eenjarige verdrink in huisswembad

Argieffoto

ʼn Eenjarige kind het Vrydagmiddag in ʼn swembad by ʼn huis in Kempton Park aan die Oos-Rand verdrink.

Annine Siddall, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het omstreeks 14:40 by die toneel opgedaag.

“Met paramedici se aankoms op die toneel het familielede die kind na hulle toe gedra,” het sy gesê.

Paramedici het dadelik begin om kardiopulmonêre resussitasie uit te voer. “Hulle het vir nagenoeg ʼn uur gepoog om die kind se lewe te red. Ongelukkig is die kind later deur paramedici dood verklaar.”

Presiese omstandighede oor hoe die kind in die swembad beland het, is onbekend. Die polisie was op die toneel en stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Lorieka ·

Dit is so so tragies sterkte aan die ouers dit gebeur in n oogwink

Hartseer&NogmeerKwaad ·

Weet jy wanneer gebeur so iets in n oogwink… wanneer jy nie n net oot jou swembad het nie!!!! RIV klein mensie!!

MissDemeanor ·

Beste manier om dit te voorkom is om jou swembad met grond op te vul as jy n kind kry.

marlene ·

Die kleintjies is soos blits. Dit kan so vinnig gebeur?.
Baie sterkte aan die ouers, daar lê baie hartseer vir julle voor.
Ek bid vir julle vir krag van bo –

Thys de Villiers ·

Altyd as kinders by ‘n SWEMBAD is en swem moet daar 1 persoon wees wat die verantwoordelikheid VAT om heeltyd te KYK waar is die Kinders! OPPAS Komaaan Pappa’s, Mamma’s, Oupa’s en Ouma’s dit is ‘n KLEIN takie met niks TRANE nie !

Cherokee ·

Soor van onverstaanbaar; mense wat klink asof hulle weet waarvan gepraat word sê dat pasgebore babas kan swem maar daarna ‘n vrees vir water ontwikkel en geleer moet word om te swem. Enige dier kan immers swem maar nie mense nie.

G ·

Enige iets kan met enige iemand gebeur, maar dinge sal beter gaan as party mense ‘n bietjie meer ‘common sense’ gebruik in sekere situasies.

Riena ·

Dit is verskriklik hartseer en ingrypend. Ek hoop van harte dat hierdie ouers (en alle ander ouers wat in vrugbare jare is) hul weg sal oop sien om weer `n baba te ontvang. Nie om die oorlede baba te vervang nie, maar om weer vreugde te bring na tyd van hartseer. En om te vermeerder, want ons is reeds min.
Sterkte!

SARIE VAN HEERDEN ·

Dank de vader my kinders is groot MAAAAR nou het ek kleinkinders. Kinders en water is NIE pasmaats nie.

G ·

Ek stem saam. Daar verdrink hopeloos te veel kinders deesdae. En ek glo meeste gevalle kon voorkom gewees het. Dit kos baie geld, maar sit soveel veiligheidsmaatreëls in plek as wat moontlik is, veral as die kinders nog so klein is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.