Eenjarige verdrink in swembad

Argieffoto

Argieffoto

Paramedici het Woensdagmiddag tevergeefs langer as ʼn uur gepoog om ʼn eenjarige dogtertjie se lewe te red wat in ʼn swembad by ʼn huis verdrink het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het omstreeks 17:30 by ʼn huis in Russell Ridgeweg in Gillitts, wes van Pinetown in KwaZulu-Natal, plaasgevind.

“Paramedici is deur beamptes van South African Community Action Network (SA CAN) na die toneel ontbied nadat die 14 maande oue baba in die swembad geval het. Sy is deur familielede gevind en uit die water gehaal en hulle het dadelik begin om noodhulp toe te pas,” het Botha gesê.

Paramedici het by die toneel opgedaag, by die omstanders oorgeneem en probeer om haar by te bring. ʼn Plaaslike traumadokter het later ook aangesluit en bygestaan.

“Ten spyte van almal se volgehoue pogings kon die kind nie bygebring word nie en is sy omstreeks 19:00 dood verklaar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

wilma ·

Nog ‘n tragedie van ‘n kleinding wat verdrink het! Mense moet maar oorweeg om swembaddens toe te gooi indien daar geen veiligheidsmaatreëls aangebring kan word nie. Sterkte aan die familie.

snoefie ·

simoatie aan ouers en geliefdes. is swembaddens nie veronderstel om omring te wees met n hoë muur reg rond om nie?

Lola ·

Nee nie regtig nie. Volwasse verantwoordelike mense is veronderstel om na klein kindertjies te kyk.

Jem ·

Ai tog nog n on skuldiges kind. Ek raak woedend. Voel jammer vir die familie. Ek voel egter hulle moet aangekla word van nalatigheid.

katryn ·

ongelukke gebeur, Jem. Sterkte aan die familie, dit moet aaklig wees om ‘n pragtige klein kindjie te verloor. Sterkte met die verwyte. Die res van ons kan maar net probeer: ongelukke gebeur met enigiemand.

Karin ·

Jem, dit is ‘n verskriklike ding wat gebeur het, maar dit is nog meer verskriklik om sommer goedsmoeds op sosiale media te sê die familie moet van nalatigheid aangekla word. Ek daag jou uit om uit te vind wanneer die kindjie se begrafnis is, daarheen te gaan en dit vir haar mamma in haar gesig te sê. Dink jy nie daardie mamma is stukkend nie? Dink jy nie sy sou enigiets doen om die tyd terug te draai en haar kindjie terug te bring nie? Soos Katryn sê, ongelukke gebeur met enigiemand, en die tipe goed gebeur in ‘n oogwink. Maar asseblief, gaan na die mamma toe en sê vir haar, kyk haar in haar oë en sê vir haar – “Ai ek is SO jammer vir jou verlies, maar regtig, moes die swembad nie toe gewees het nie? Moes iemand nie gekyk het nie? Regtig, julle kon beter gedoen het.” Dis maklik om beskuldigings rond te gooi as mens die mense wat seer het, in die oë hoef te kyk nie.

Jacques Botha ·

Omgelukke gebeur, maar vir gevaarlike plekke kan voorsorg getref word

Perspektief ·

ñ Maand gelede het die soveelste berig verskyn van ñ kind wat verdrink het. Sodra enige iemand kommentaar gelewer het wat die ouers in ñ slegte lig plaas, was hul oor die kole gehaal. Nou sien ek mense begin besef dat mense eintlik nalatig is. ñ Ongeluk gebeur. Dis só maar, moet ons almal se oë nie bietjie oopgaan as mens amoer weekliks van kinders lees wat verdink nie!! Hierdie is onskuldige kindertjies wat deur die Here aan ons geleen is om hulle met liefde te versorg en te bewaar. Mense kan my kommentaar oordeel en sleg sê. Eks ñ ma van amper4 en ek gaan nie eers alleen met my kinders na die swembad deel van ons erf nie want logika sê vir my as volwassene kan ek iets oorkom en hulle kan dan in die swembad beland. Ons is altyd meer as 1 volwassene saam met hulle as ons swem en met elke hek na agter is ekstra voorsorg getref. Hoekom kan mense nie insien dat die kindertjies nog nie opgewasse is om die gevaar te identifiseer nie? Hoeveel onskuldige lewetjies moet nog verlore gaan? My innige simpatie en my hart bloei vir die klein lyfies wat nooit ñ kans gestaan het nie. Iemand moet ñ stem wees vir die klein engeltjies.

Liza ·

Dankie Lola…. ek stem saam waar is die kind se ouers…..jy los nie so ‘n kleine kind alleen nie, hemel wat gaan aan met die ouers ……..Ja Katryn ongelukke gebeur maar mens gaan soek ook nie daarvoor nie…….
Sterkte aan die familie, dis nie lekker om ‘n kind te verloor nie, vra my………rus in vrede engel kindjie………..

Inge ·

Ek weet baie mense se mens kan nie elke sekond kyk na jou kind nie. Ek is jammer, jy moet! Veral so klein dingetjie. Hoe kan jy nie ten alle tye weet waar jou kind is nie. As jy ‘n swembad het wat nie bedek is nie moet jy seker maak al die deur is gesluit, dit is wat ek doen! Dit is en sal altyd die verantwoordelikheid bly van die ouers om seker te maak dat die kind onder toesig is. Daar is geen verskoning nie. Ek voel regtig jammer vir die mense, maar dit is nou te laat om te huil.

ken van benoni ·

Die heiliges wat die ouers graag wil kruisig en raad wil gee: sorg julle wel dat julle kinders elke keer hul veiligheidsgordels dra as hul in die motor klim? Het jy-self die gewoonte om nie in hul teenwoordigheid te rook of te vloek nie?!
Ek vra net.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.