
Sakkie van den Berg, Angie van den Berg, Michael Over, Martin Lombard en Pieter Joubert van die AfriForum-tak in Krugersdorp. (Foto: Verskaf)
Ná vyf massaskoonmaaksessies is die eens ikoniese Bob van Reenen-sportstadion in Krugersdorp gereed om vir die eerste keer in 12 jaar atlete en toeskouers te verwelkom.
Die AfriForum-tak in Krugersdorp het Saterdag in samewerking met Hoërskool Monument (Monnas) ʼn atletiekbyeenkoms vir skoolatlete aangebied.
Volgens Martin Lombard, voorsitter van die AfriForum-tak, het sowat 300 naellopers van onder meer Monnas, Laerskool Kenmare, Laerskool Krugersdorp-Noord en Ambulanté Academy ingeskryf om deel te neem. Onder dié 300 atlete is ook 60 tuisonderrigleerders.
Maroela Media het vroeër berig dat honderde gemeenskapslede sedert verlede maand kragte saamgesnoer het om die stadion van hoek tot kant skoon te maak. Dit vorm deel van ʼn projek wat deur AfriForum en die DA gedryf word om die stadion weer tot sy voormalige glorie te herstel en die dorp ʼn ekonomiese hupstoot te gee.
Die vervalle stadion staan al langer as ʼn dekade ongebruik en het ʼn seer oog in die gemeenskap geword. Dit het egter ʼn ryk geskiedenis en Lombard sê hy hoop dat dit weer ʼn plek kan wees waar inwoners deur sport verenig word.
Benewens die tonne vullis wat oor die afgelope maand weggery is, is herstelwerk ook aan die badkamers, hekke, die ryvlak op die perseel en ander infrastruktuur verrig.
“Die badkamers is nou bruikbaar en daar is ook water. Daar is nog nie elektrisiteit nie, maar dit sal die naweek met ʼn kragopwekker gegenereer word.
“Ingenieurs het ook die gebruik van die hoofpawiljoen goedgekeur.”
Lombard het vroeër aangedui dat dit ongeveer R30 miljoen sal kos om die stadion weer ten volle te herstel – geld wat die tak en Mogale City- plaaslike munisipaliteit nie het nie.
Hoewel daar nog ʼn lang pad ten opsigte van herstelwerk voorlê, hoop Lombard dat die byeenkoms die naweek die eerste van vele sal wees.
“Ons is bitter opgewonde en hoop dat dit ʼn gereelde ding kan word.”
AfriForum beoog om die bestuur van die stadion oor te neem, maar het nog nie terugvoer in dié verband ontvang nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
17 Kommentare
Absoluut WONDERLIK! as ons ALMAL maar net so kon saamwerk om alles te behou…
Goeie nuus, wys net vir sommiges dit is moontlik.
Die ANC sou ‘n tender vir minstens 300 miljoen toegestaan het.
Dit gaan baie meer kos om weer die land reg te ruk na sy vorige glorie. As die huidige leiers aangaan sal die verval nie gestop word nie. Leierskap moet vervang word. Rampies en sy gevolg kan nie. Hul geaardheid en hoe hulle wil leef is chaos. Dis in hul bloed en in hul gene om af te breek en nie om op te bou nie. Somige mense het dit maar net in hulle om dit wat mooi is af te breek en dit wat skoon is vuil te maak. Ek het mense sien bly by die asgate, as jy… Lees meer »
Weereens Agri Forum wat moes ingryp om skoon te maak en te herstel want die Nuwe Suid Afrika vernielsugtige burgers het dit ook deurgetrek. So sal dit aangaan want hul is maar te gewoond daar word agter hul opgeruim en herstel, hul is grootgemaak om aftebreek en te verniel.