Eers hittegolf; nou waarsku weerdiens teen storms, brande

Foto ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Ná ʼn week van versengende hitte weens ʼn hittegolf in die binneland waarsku die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) dat inwoners hulself vandeesweek teen swaar reën- en donderbuie moet staal. Waarskuwings teen uiters hoë brandgevaartoestande geld ook.

Die weerdiens het ʼn geel vlak 2-waarskuwing vir Maandag uitgereik teen erge donderstorms in die oostelike dele van die Vrystaat en die sentrale en suidoostelike dele van Noordwes. Die donderstorms kan met sterk en skadelike winde asook groot hoeveelhede fyn hael gepaard gaan.

ʼn Vlak 2-waarskuwing is ook uitgereik vir ontwrigtende reën wat tot Dinsdag langs die kus, in die Oos-Kaap tussen Port Alfred en Port Edward, verwag kan word.

In dieselfde asem waarsku die weerdiens ook teen uiters hoë brandgevaartoestande in die westelike en suidelike dele van Noordwes, dele van die Vrystaat, die noordelike en noordoostelike dele van die Noord-Kaap en die suidwestelike dele van Gauteng.

Volgens Jacqueline Modika, ʼn weervoorspeller verbonde aan die SAWD, sal wolke Maandag in die oostelike dele van die Vrystaat, Noordwes, KwaZulu-Natal, die dele langs die kusgebied en aangrensende gebiede in die Oos-Kaap en Wes-Kaap begin saampak.

Teen Dinsdag sal ligte tot matige reënbuie ook in Gauteng, Noordwes, Mpumalanga en oostelike dele van die Noord-Kaap verwag word.

“ʼn Trogstelsel in die boonste atmosfeer sal Donderdag oor die land inbeweeg wat heelwat swaarder reën- en donderbuie in al die bogenoemde provinsies tot gevolg kan hê,” sê Modika.

“Die reënweer sal na verwagting tot Vrydag voorkom.”

Die weerdiens waarsku dat die ontwrigtende reën plek-plek tot oorstromings van informele nedersettings, paaie, laagliggende gebiede en brûe kan lei.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Faraway ·

Mense moet besef . . . dinge gaan vinnig gebeur en meer instens raak soos n vrou in kraam waar die pyne korter op mekaar volg
Als is reeds in plek
Volgende is die wegraping

Christof ·

Ai tog daar gaan ons alweer! Bewys asb dat die oorloë en rampe erger is as die res van aarde en mense se geskiedenis!

Truman Burbank ·

Gaan dit nou wees op 3 1/2 jaar of aan die einde van die sewe jaar?

Bolandse Nooi ·

Wegraping ………….. wha-ha-ha-ha-ha!!!!!!!!!!!!!!! Dáárvoor wag ons al so ± 2000 jaar!

muffin ·

maar ek is jammer vir die arme diere wat so bang vir donkerbuie en storm.

Pieter9 ·

Hierdie is ‘normaal’, dit gebeur so oor die eeue heen. Beter beplannig wat insluit konserwatiewe finansiële bestuur is hoe mens hierdie risiko moet bestuur. Ons is dankbaar vir die reën en dink aan almal wat verliese agv die brande gelei het.

Manie ·

Korrek, die somerreënval streek moenie voor oom Paul se verjaarsdag baie reën kry nie.

Chris ·

Anja, is jy nou die CCP se hoofsweep om omgewings en ander propaganda te dryf. Het jy al ooit gaan sit en nagedink oor waartoe hierdie argitekte van die agenda jou en die publiek wil neem. Na hongersnood, elende en die merk van die dier.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.