Eerste aanhitser gevonnis vir Julie-onluste

Mdumiseni Khetha Zuma (Foto: NVG)

Mdumiseni Khetha Zuma, een van die aanhitsers tydens die gewelddadige onluste van Julie 2021, is Woensdag tot effektief 12 jaar tronkstraf gevonnis vir sy aandeel in die geweld in KwaZulu-Natal.

Zuma (36) is die eerste sogenaamde aanhitser van die Julie 2021-onluste om gevonnis te word.

Hy is vroeër vandag in die Pietermaritzburg-streekshof gevonnis nadat hy in September vanjaar skuldig bevind is op aanklag dat hy mense tydens die onluste in KwaZulu-Natal aangehits het om saam te drom en geweld te pleeg.

Maroela Media het vroeër berig Zuma is skuldig bevind op aanklag van oortreding van artikel 17 en 18 van die Wet op Oproerige Byeenkomste.

Zuma is op die eerste aanklag tot tien jaar tronkstraf gevonnis waarvan twee jaar vir vyf jaar lank opgeskort is op die voorwaarde dat hy hom nie aan dieselfde oortreding skuldig maak nie.

Hy is ʼn verdere ses jaar tronkstraf opgelê vir die tweede aanklag waarvan twee jaar gelyklopend met die vonnis van die eerste aanklag uitgedien sal word.

Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, sê senior staatsadvokaat Yuri Gangai het in Zuma se verhoor staatgemaak op videomateriaal, klankgrepe en die getuienis van ʼn veiligheidswag wat ten tyde van die onluste by die Brookside-winkelsentrum in Pietermaritzburg gewerk het.

Zuma het destyds ʼn aanhitsende video oor dié winkelsentrum gemaak en dit op WhatsApp versprei voordat dit eindelik geplunder en afgebrand is.

Skade van sowat R500 miljoen is aangerig.

Ramkisson-Kara sê daar is tydens die verhoor bevind dat Zuma se WhatsApp-video mense sou kon oorhaal om openbare geweld te pleeg. Zuma het trouens in sy getuienis toegegee dat indien hy ʼn soortgelyke video ontvang het, hy ook tot openbare geweld aangespoor sou word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Spookasem ·

Hoogtyd! Daar is nog ñ hele klomp wat dieselfde pad moet volg.

Vonkprop ·

Teen die einde van die jaar is hy weer uit op “goeie gedrag”. Wat hierdie mense gedoen het is terrorsime en niks minder nie. Die land het skade van miljarde gelei en hy kry ‘n paar jaartjies.

Johann ·

En die res van hulle? En die geld en verliese? Of gaan daar NOG plundery en verwoesting gebeur as hy actually tronk toe gaan? Dis mos hoe SA se regs stelsel werk. Jy speel vir tyd of speel mal of dreig…

Jaco ·

Die ANC-regering se hof het gesê die oud ANC-president moet na ‘n tronk wat deur die ANC-regering se Dept van korrektiewe dienste beheer word. Toe dit gebeur, kom klomp ANC-ondersteuners in opstand teen die ANC en word toe verjaag en gevang deur die ANC-regering se polisie.
Die hele zuma saak is ALLES net ANC. Sekerlik kon dit lankal binne die ANC-huis opgelos gewees het.
Lyk my die ANC het NIKS tydens hulle ballingskap jare in kommunistiese lande in Europa geleer nie. Party en staat was EEN daar. Goed soos dié Zuma ding sou nooit daar gebeur het nie.
En net terloops: daardie kommunistiese lande was ook SONDER goed soos:
Beurtkrag
Swak vuil staatshospitale
Swak onderwys standaarde
Min of geen munisipale dienslewering
En en en
Daardie lande was VEEL beter as die huidige SA

Papsak ·

Hulle kort almal die tou om hulle nekke vir dai mense se skades regtig straf is te lig as hulle gestraf gaan word by gese

Ore ·

Een Zuma minder in die openbare kringe, maar wanneer gaan die werklike aanhitsers aan die pen ry…..hulle vanne is ook toevallig Zuma.

Martie Smartie ·

Wat van sy grootvader daar by die vuurpoel en grasdakrondawels?

Debbie ·

Genade nou eers. Daar is baie meer betrokke. Hoe lank gaan dit vat tot almal gevang is?

Patch ·

Dit behoort mos nou vinnig te gaan om die ander te vonnis. Almal van die aanhitsers is skuldig aan dieselfde daad.
Laat hulle verskyn en vonnis sommer dadelik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.