Eerste burger in hof oor aanranding

court-hammer_thumbʼn Burgemeester van Noordwes het in die hof verskyn op aanklag van aanranding.

Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê Kim Medupe, burgemeester van die Kgetlengrivier-munisipaliteit, het Dinsdag in die Koster-landdroshof verskyn en die saak is tot 12 Maart uitgestel. Die Kgetlengrivier-munisipaliteit bedien Koster, Derby en Swartruggens.

Mokgwabone het gesê Medupe (39) word daarvan beskuldig dat sy ʼn 33-jarige vrou Saterdag in Reagile aangerand het. “Daar word beweer dat die slagoffer met geweld in die beskuldigde se motor ingedwing is en na Wysfontein-plaas gevat is waar sy glo aangerand is.” Medupe se medebeskuldigde, Dinah Moema (36), het saam met haar in die hof verskyn.

Mokgwabone het gesê die twee vroue is op waarskuwing vrygelaat. Die Sowetan het berig dat Medupe glo vir Nthibang Tlhong aangerand het. Medupe het glo Tlhong se klere afgesny en haar kaal in ʼn veld gelos nadat sy haar daarvan beskuldig het dat sy ʼn verhouding met haar man het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.