Eerste burger kry hofbevel oor lasterlike bewerings

Zandile Gumede. Foto: http://www.durban.gov.za/

Zandile Gumede, burgemeester van die eThekwini-metro, het ʼn hofbevel bekom in ʼn poging om bewerings wat teen haar gemaak word, stop te sit.

Die burgemeester se kantoor het gesê die hooggeregshof in Durban het onlangs ʼn hofbevel uitgereik wat die Durbanse sakeman Calvin Mathibeli verbied om lasterlike bewerings teen Gumede te maak.

Volgens die burgemeester word veldtogte in die media gevoer om haar as ʼn korrupte leier uit te maak wat die toekenning van tenders beïnvloed.

Die Sunday Tribune het op 29 Julie vanjaar ʼn onderhoud met Mathibeli gepubliseer waarin hy dié bewerings teen Gumede gemaak het. Dit is ook later tydens ʼn radio-onderhoud en in die sosiale media gemaak.

Dit word beweer dat Gumede verantwoordelik was vir die toekenning van ʼn R650 miljoen-konstruksieprojek aan agt maatskappye in 2015. Mathibeli, wat een van die kontrakteurs was wat ’n tender gekry het om op die projek te werk, beweer Gumede het op omkoopgeld van R100 000 aangedring. Hy beweer verder dat Gumede daarop aangedring het dat sy maatskappy se kontrak opgeskort word.

Volgens Gumede het sy egter nooit enige instruksies gegee vir onwettige of kriminele dade nie. Sy meen die bewerings dat sy dit gedoen het, is lasterlik en dat sy om dié rede die hooggeregshof in Durban genader het. Die hof het Mathibeli beveel om nie enige verdere lasterlike bewerings teen Gumede te maak nie.

“Ek het gesien dat sommige koerante bevooroordeeld is oor die kwessies voor hulle feitlike antwoorde gegee word. Ek verstaan dit is nie joernaliste se plig om my lof te besing nie. Ek aanvaar konstruktiewe kritiek wat deur feite gerugsteun word. Ek sal egter nie huiwer om regstappe te neem teen mense wat my goeie naam deur die modder wil sleep nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Maljan ·

Sou sy haar eerlikheid nie beter bewys het deur haar aan n openbare leuenverklikkertoets, deur n opposisie-partylid, te onderwerp nie?

Johnnie ·

Waar daar n rookie is, is daar n vuutjie. Jy kan nie eerlik wees en n regerings pos beklee nie jy word slegs aangestel op jou kurrupsie agtergrond en ondervinding daarin. As sy dan onskuldig is laat sy dit dan bewys, as sy kan wat ek betwyfel sy sal kan doen.

John ·

Sjoe, maar die reen darem in Natal… Al die goeie name wat so moet hop-hop om hul name uit die modder te hou… Hoekom loop die ouens daar nie op hul voete nie of is hul duur skoene in Dubai gekoop?

Colleen ·

Waar ‘n rokie trek, brand ‘n vuurtjie. Hoekom gaan sy so heftig te kere as sy so onskuldig is?

Annelize ·

Wel, waar ‘n rokie is, is alles gewoonlik reeds afgebrand.

Johanna Botha ·

Sy lyk na n baie slim en belese dame ???? n vrou van imbors ?

HENNIE ·

Ja-Ja Kersvader is alive, so ook die Paashaas en tandemuis, nê Gumede?

ne ·

Kry vir jou. SA is sommer ‘n groot kersvader. Bewys jou onskuld ZG. Elkeen vir homself en die duiwel vir die res.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.