Eerste burger se adviseur uit Clifton-sitting geskop

Verteenwoordigers van verskeie belanghebbende instellings tydens die sitting. Foto: ANA

ʼn Adviseur van die burgemeester van Kaapstad is Maandag uit die parlementêre portefeuljekomitee oor omgewingsake se sitting oor die sogenaamde Clifton-herrie geskop.

Verteenwoordigers van verskeie belanghebbende instellings soos die departement van omgewingsake, die Stad Kaapstad, die private veiligheidsmaatskappy Professional Protection Alternatives (PPA) en die polisie is genooi om voorleggings tydens die sitting te maak.

Shehaam Samaai, ʼn prokureur wat op 23 Desember op Clifton se Vierde Strand in Kaapstad was toe mense deur die private veiligheidsmaatskappy PPA aangesê is om die strand te ontruim, was besig om terugvoer aan die komitee te gee toe Philemon Mapulane, voorsitter, die sitting gestop het.

Mapulane het aan Caroline Knott, wat ʼn adviseur in burgemeester Dan Plato se kantoor is, gesê om op te hou “gebare maak” en met haar kollegas te praat tydens die voorlegging.

Knott het Mapulane gevra wat sy verkeerd gedoen het. Mapulane het egter vir haar gesê om nie in ʼn dialoog met hom betrokke te raak nie aangesien dit onparlementêr is. Knott het egter aanhou praat waarna Mapulane haar versoek het om die komiteekamer onmiddellik te verlaat.

“Ek sal nie dié gedrag in die hierdie komitee toelaat nie. Daardie gedrag is regtig veragtelik,” het Mapulane gesê voor hy Knott weer versoek het om die komiteekamer onmiddellik te verlaat.

Dit het intussen ook aan die lig gekom dat die reguleringsowerheid vir die private veiligheidsbedryf (Psira) drie van PPA se veiligheidswagte geskors het hangende ʼn ondersoek.

Die sitting duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Deon ·

Wat soek ‘n metro adviseur in die parlement? Diè kind is duidelik te groot vir haar skoene.

Hannah ·

Dis waarom.sy uit gejaag is…
Wit
VROU…
lekker Boellie taktiek gebruik

Kalr ·

Nope, sys uitgejaag omdat sy ongeskik was en aangehou het self na die waarskuwings. Hou tog net op met jul race card speel, dan moan jul en se die ANC,EFF,DA en BLF speel die raskaart heeltyd? lol.

Landi ·

Klink eerder asof die tannie ongeskik en onprofesioneel opgetree het…

Landi ·

Klink meer asof die tannie ongeskik en onprofessioneel opgetree het…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.