Eerste burger se moordenaars gevonnis

Moses Maluleke se moordenaars is lewenslange tronkstraf opgelê. (Foto: NVG)

Vyf mans is lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord op ʼn burgemeester van Limpopo.

Moses Maluleke, burgemeester van die Collins Chabane-munisipaliteit, is in Julie 2022 voor sy huis naby Malamulele doodgeskiet. Een van sy seuns is ook in die skietery gewond.

Shumani Nemadodzi (48), Avhatakali Isaac Mudau (39), Wiseman Baloyi (37), Tshianeo Munyai (32) en Pfunzo Lidzebe (33) is in die hooggeregshof in Polokwane skuldig bevind en gevonnis vir die moord op Maluleke.

Regter Violet Semenya, adjunk-regter-president in Limpopo, het die vyf tot lewenslange tronkstraf gevonnis op die aanklagte van moord, 10 jaar vir poging tot moord, 15 jaar vir roof met verswarende omstandighede, en vyf jaar tronkstraf elk vir die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie. Die vonnisse sal gelyklopend met die lewenslange tronkstraf uitgedien word.

Die hof het bevind dat die staat sy saak bo redelike twyfel bewys het, dat die beskuldigdes te alle tye opgetree het ter bevordering van ’n gemeenskaplike doel en dat die misdrywe wat die beskuldigdes gepleeg het, beplan was.

Moses Maluleke (Foto: Facebook/Collins Chabane- plaaslike munisipaliteit)

Die beskuldigdes het by die hof gepleit om nie lewenslange tronkstraf op te lê nie en om toegeeflikheid gevra, aangesien hulle vir hul gesinne sal wil sorg. Adv. Eric Mabapa, senior staatsaanklaer, het Rhangeleni Mambre Maluleke, vrou van die oorledene, geroep om te getuig.

Sy het aan die hof gesê dat as gevolg van hierdie voorval, hul deure en hekke altyd gesluit is uit vrees vir hul lewens. Sy het haar man as ’n vrygewige persoon beskryf wat enigiemand in nood sou bystaan. Sy het gesê sy sukkel om die huishouding te bestuur en dat haar seun Ntokoto nie gesond is nie en steeds ly met ’n koeël wat onder sy nier vassit. Sy het by die hof gepleit om lewenslange tronkstraf aan al die beskuldigdes op te lê.

Adv. Mabapa het aangevoer dat die vonnis vergeldend moet wees met die doel om ander af te skrik weens die erns van die misdaad. Hy het verder aangevoer dat daar geen wesenlike en dwingende omstandighede is om van die voorgeskrewe minimum vonnis af te wyk nie. Die misdrywe is uit hebsug gepleeg, en die belange van die samelewing moet in ag geneem word, het hy gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Danie ·

Dis n goeie vonnis gaan dit regtig n impak he op die voortgesette 80 plus moorde in SA.Nee

Frank ·

GEEN berou by hulle te vinde nie…. net berou dat hulle gevang is

Leon ·

Snaaks dat hulle nie gaan appelleer nie, hulle het mos ñ goeie leermeester wat die voorbeeld stel?

Amelia ·

jys reg shaekspear maar ook hul wil vir hul gesinne sorg jy moes gesorg het voor jy iemand se lewe geneem het dis belaglik wil vir gesinne sorg

Lila ·

Lewenslank tronkstraf??? …. gee dit 5 jaar dan word hul op borgtog vrygelaat, en oor 10 jaar staan een van hul vir een of ander verkiesings party as President kanidaat.

Anonymouse ·

Shakespeare, en ons Afrikaners moor mekaar nie?! Julle is altyd vinnig om te veralgemeen as dit by ander rasse kom, intussen moor en bedrieg ons mekaar net so goed.

Wondermaarnet ·

Shakespear, so sê ek ook. Los hulle. Dieselfde is my gevoel vir bendegeweld in die Kaap. Los, dat hulle mekaar uitmoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.