Die burgemeester, adjunkburgemeester en speaker van die Buffalo City-munisipaliteit in die Oos-Kaap is in hegtenis geneem vir beweerde bedrog rakende oudpresident Nelson Mandela se gedenkdiens.
“Die arrestasies is in verband met die Nelson Mandela gedenkdienssage wat tans ondersoek word deur die kantoor van die LUR vir plaaslike regering en tradisionele sake sowel as die Valke,” het Mamnkeli Ngam, woordvoerder van die departement van plaaslike regering, gesê.
Ngam sê die departement kan in die stadium geen verdere kommentaar lewer nie aangesien die saak steeds deur die Valke ondersoek word. Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, het bevestig dat burgemeester Zukiswa Ncitha, haar adjunk Temba Tinta en speaker Luleka Simon-Ndzele Maandag in hegtenis geneem is en waarskynlik vandag nog in ‘n hof sal verskyn.
“Hulle sal tereg staan op aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery. Dit het te doen met die aanry van roubeklaers na Mandela se gedenkdiens,” het Ramaloko gesê. Hy kon geen verdere inligting beskikbaar maak nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
4 Kommentare
Ja-nee steel sal hulle steel; ontsien nie eers iets soos ‘n begrafnis nie. Wat ‘n skande! Dis nie asof hulle mos nie in elk geval REUSE salarisse verdien nie maar nee, ons wil nog hê en meer en meer en nog meer…
Ja-nee, stem saam met Sollie genoeg is nooit genoeg. Hulle sal alles vernietig wat voorkom. Weet nie wie om meer te vertrou nie.
Dit verbaas my nie. Dis mos punt no1 op almal se prioriteitslys naamlik maak jouself ryk ten koste van ander. Dood of lewendig solank jy jou sakke volmaak.