Eerste burger vas oor Mandela-gedenkdiens

Zukiswa Ncitha

Zukiswa Ncitha

Die burgemeester, adjunkburgemeester en speaker van die Buffalo City-munisipaliteit in die Oos-Kaap is in hegtenis geneem vir beweerde bedrog rakende oudpresident Nelson Mandela se gedenkdiens.

“Die arrestasies is in verband met die Nelson Mandela gedenkdienssage wat tans ondersoek word deur die kantoor van die LUR vir plaaslike regering en tradisionele sake sowel as die Valke,” het Mamnkeli Ngam, woordvoerder van die departement van plaaslike regering, gesê.

Ngam sê die departement kan in die stadium geen verdere kommentaar lewer nie aangesien die saak steeds deur die Valke ondersoek word. Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, het bevestig dat burgemeester Zukiswa Ncitha, haar adjunk Temba Tinta en speaker Luleka Simon-Ndzele Maandag in hegtenis geneem is en waarskynlik vandag nog in ‘n hof sal verskyn.

“Hulle sal tereg staan op aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery. Dit het te doen met die aanry van roubeklaers na Mandela se gedenkdiens,” het Ramaloko gesê. Hy kon geen verdere inligting beskikbaar maak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sollie ·

Ja-nee steel sal hulle steel; ontsien nie eers iets soos ‘n begrafnis nie. Wat ‘n skande! Dis nie asof hulle mos nie in elk geval REUSE salarisse verdien nie maar nee, ons wil nog hê en meer en meer en nog meer…

monika ·

Ja-nee, stem saam met Sollie genoeg is nooit genoeg. Hulle sal alles vernietig wat voorkom. Weet nie wie om meer te vertrou nie.

Sollie ·

@Monika – dan moet jy weet, my skoonouers lê in die een begraafplaas daar en met die diens het die ondernemers ons vertel hoe word grafstene gesteel om verkoop te word, die grafte word glo selfs oopgemaak om die kiste te steel. Die familie en lykswa is skaars om die draai dan sak die aasvoëls toe! Geen begraafplaas vir my nie, verassing en my as in die wind laat dit waai waar dit wil… my siel is dan lankal waar dit moet wees.

Theresa ·

Dit verbaas my nie. Dis mos punt no1 op almal se prioriteitslys naamlik maak jouself ryk ten koste van ander. Dood of lewendig solank jy jou sakke volmaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.