Eerste burger waarsku politieke partye oor grondvergrype

Metropolisielede het op 12 November 2014 met rubberkoeëls op klipgooiers by Nellmapius in die ooste van Pretoria losgebrand nadat die persone onwettig plakkershuise wou oprig. Foto: Daniella van Heerden/eNuus, Twitter

Metropolisielede het op 12 November 2014 met rubberkoeëls op klipgooiers by Nellmapius in die ooste van Pretoria losgebrand nadat die persone onwettig plakkershuise wou oprig. Foto: Daniella van Heerden/eNuus, Twitter

Kgosientso Ramokgopa, burgemeester van die Tshwane-metro, het politieke partye en hul ondersteuners gewaarsku dat hulle in hegtenis geneem sal word indien hulle grond in Pretoria onwettig beset.

Ramokgopa het tydens sy stadsrede gesê politieke partye moenie in hul verkiesingsveldtogte onwettige optrede aanmoedig nie. “Die stad sal verseker dat die regte van eiendomseienaars beskerm word.”

Die munisipaliteit het al voorheen gewelddadige konfrontasies met ondersteuners van die EFF gehad nadat hulle grond in verskillende dele van die land beset het. Ramokgopa het egter gesê die stad gaan voort om sogenaamde “landpakkies” aan geloofsgebaseerde organisasies te skenk in die stryd teen onsedelikheid.

Volgens Ramokgopa is daar al 861 000 vierkante meter grond aan die godsdiensgemeenskap oorhandig. “Ons het onlangs die skenking van 10 000 vierkante meter grond in Valhalla ter waarde van R2,9 miljoen aan die Thaba Tshwane Islamic Centre Trust toegeken.”

Talle inwoners in Valhalla is gekant teen die oprigting van ’n moskee op die terrein.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Eddo ·

Ja, selfs skoolgrond word aan ryk kerke gegee, waar die skool se sportgronde vernietig is om n onwettige struktuur op te rig. Meer as een skool se gronde is nou beset in Atteridgeville. Wonder hoeveel van die kollekte word oorgedra na amptenre wat betrokke is. Indien die Apostel dit kan bekostig om miljoene te spandeer vir struktuur, duur voertuie en helikopter rit na die perseel, kan julle seker beskostig om n stuk grond te koop. Korrupsie se ek jou.

Boerseun ·

Valhalla mense gaan nie wen nie. Maar hulle kan hulle regte ook gebruik en lekker varkrib wegneemetes elke vrydag voor die mosque verkoop

François ·

Hoekom grond skenk vir Islam om moskee op te rig?! Jammer, maar hiérdie een verstaan ek nie.

Sakkie du Plooy ·

Die Metodistekerk (wat, soos die Rooms Katolieke Kerk nie ‘n kerkgebou in Valhalla het nie) het omstreeks 2013 aansoek gedoen om dieselfde stuk grond te koop asook ‘n Christelike Privaatskool en ‘n instansie wat ‘n Ouetehuis wou bou. Dit is deur die ANC Metroraad geweier. Kort voor die verkiesing word die grond nou geskenk aan die baie klein Islam gemeenskap in Valhalla. En die einste Burgemeester het tydens die skenking van die grond laat blyk dat as die gemeenskap van Valhalla (2647 van hulle het in 2013 ‘n petisie aan die Metroraad voorgele) nie hou van die idee van ‘n Moskee in Valhalla nie hulle maar kan trek. Al bly baie al meer as drie geslagte daar.

Alki ·

Het van 1983 tot 2013 in Valhalla gebly en die laaste 3 en ‘n half jaar in daardie kompleks reg langs daardie stuk grond waar die moskee gebou gaan word baie bly ek het getrek, baie jammer vir die inwoners, het baie keer kwart voor vyf in die oggend wakker geword van die oggend gebede van die moskee in Ladium en Ladium is omtrent 5 kilos van Valhalla, daai gerraas gaan oorverdowend wees, ek bly nou baie lekker in Annlin in die noorde

Antoinette ·

As mens kyk wat in ander lande aan die gang is, dan wil niemand n moskee naby hulle he nie.
Alles waai mos oor na S.A, net n kwessie van tyd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.