Eerste dokter wat ARV’s voorskryf, uit SA geskop

Franse MIV-kenner dr Francoise Louis. (Foto: ANA-Health-e News)

Ná ʼn sewe jaar lange stryd met die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGBSA) moet die Franse MIV-kenner, dr. Francoise Louis, die land verlaat.

“Ek onthou nog goed, dit was die 21ste Mei 2001,” sê Louis, die eerste dokter wat antiretrovirale behandeling, oftewel ARV’s, aan ʼn pasiënt by Dokters Sonder Grense (MSF) in Khayelitsha voorgeskryf het. In daardie stadium was toegang tot ARV’s baie beperk, as gevolg van ʼn era onder voormalige president Thabo Mbeki waartydens Vigs ontken is.

“Dit was so ʼn groot oorwinning vir Suid-Afrikaanse pasiënte, en ek was bevoorreg om deel te kon wees daarvan. Net om daaraan te dink maak my emosioneel,” voeg sy by.

Louis is uit Frankryk ontbied, waar sy meer as 10 jaar lank as ʼn spesialis aan MIV gewerk het. Haar ervaring in die gebied was noodsaaklik in ʼn land waar daar byna nie ander soortgelyke kundigheid bestaan het nie.

Sy het aan Health-e News gesê sy moet egter op 30 Junie na Frankryk terugkeer, nadat haar stryd met die RGBSA tot ʼn einde gekom het. Volgens haar is daar geen hoop om te registreer om in die land te werk nie, en die poste wat in humanitêre en MIV-organisasies beskikbaar is, vereis dat sy geregistreer moet wees om te praktiseer.

“Ek het 19 jaar gelede alles in Frankryk gelos en nou keer ek terug na ʼn land wat ek nie meer ken nie,” het sy gesê. “Die ergste is dat ek nou nie meer in die MIV-veld sal werk nie.”

Sy was deel van die span wat die nasionale MIV-behandelingsprotokol saamgestel het. Sy het van Suid-Afrika se beste gesondheidspraktisyns en MIV-dokters opgelei en dekades lank in Suid-Afrika en ander Afrika-lande gewerk aan MIV.

Louis het sewe jaar lank gesukkel om by die RGBSA te registreer en het verskeie dokumentasie ingedien. Die versoeke is glo telkens vertraag en Louis beweer sy het soms “maande lank” gewag vir reaksie op haar korrespondensie. “Die versoeke deur die RGBSA was soms belaglik intensief en ingewikkeld en het deurgaans verander.”

Die organisasie het verlede maand versoek dat sy ʼn “sertifikaat van mentorskap” moet indien van die Franse universiteit waar sy gekwalifiseer het. “My instansie het nie só dokument nie. Dit bestaan eenvoudig nie. Die RGBSA wou nie my weergawe van my mentorskaprekords aanvaar nie.”

Talle hoogs gekwalifiseerde dokters het aan Health-e News gesê hulle het dieselfde ondervinding gehad, ondanks ʼn groot tekort aan opgeleide professionele persone in die staatsgesondheidsbedryf.

Die RGBSA het nie reageer op herhaaldelike versoeke vir kommentaar van Health-e News nie. Aldus Health-e News het hulle die organisasie minstens agt keer gebel ná ʼn volle week gegun is om te reageer en verskeie e-posse aan Priscilla Sekhonyana, woordvoerder van die RGBSA, is onbeantwoord gelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Reg! ·

Ja wat verwag sy? Sy was goed genoeg toe sy nodig was, nou is sy oorbodig. Dis hoe dit in Afrika werk.

Thinus Erasmus ·

En dit is hoe die staat ‘n persoon bedank vir pionierswerk wat hulle mense bevoordeel. Ha ha ha ha

Flippie ·

Eenvoudig. Sy’s nie-swart.

Geen van hierdie vereistes word aan Kubaanse dokters gestel nie.

Blanke buitelanders wat met blanke Suid-Afrikaners getroud is sukkel nèt so om verblyfreg, werkspermitte en burgerskap te kry. Maar SA bevolking groei met 40% met Afrika-immigrasie. Swart buitelanders kry voorkeurposte by SA universiteite bo blanke Suid-Afrikaners.

Johanna Botha ·

Net sodra jy iets opgebou het word dit vernietig …kyk maar oral om jou en op alle gebiede ! Stank vir dank !

Spike ·

Gaan terug na jou eerste werêldse land. Los afrika dat hulle suffer.

humor ·

U teleurstelling is ietwat misplaas. Ek kan u verseker op u wag daar n beter toekoms. As hul dan kies om onder te gaan, laat dit dan so wees.

Verskil ·

‘n Persoon wat passievol is oor sy/haar werk en ‘n verskil in ander mense se lewens wil maak. Dis jammer dit het nou vir haar so uitgedraai.

Dan ·

Jammer,jy is te wit…..dis kleur wat tel , nie kennis en ondervinding nie. Jammer

Onthuts ·

Absoluut pateties! SA se regering is op elke liewe vlak en in elke liewe department pateties onbevoeg. En dit na meer as 20 jaar !!??

jaco ·

Sy moes uiteindelik die aftog blaas, maar ek wonder tog hoe het sy as buitelandse WIT dokter toestemming gekry om darem vir soveel jare hier te werk? Plaaslike wit dokters sukkel dan om werk te kry NET omdat hulle wit is. Sy kom ook vanaf ‘n land wat in die apartheidsjare dikwels die oë toegehou het vir en apartheid.

1+1 ·

Is hierdie nie fopnuus nie? Kan dit nie glo dat so iets kan plaasvind nie. Ons kinders en kleinkinders behoort binnekort met kennis te sit wat net in Afrika aanvaarbaar is wat dit ookal gaan behels. Dit lyk vir my of Eerste wereldse kennis en navorsing mense tot raserny dryf in hierdie land. Of is daar moontlik ‘n Antropologiese oorsaak vir hierdie verskyn-sel. Ek verstaan dit nie!!

Ironies ·

Dis so ironies. In elke liewe kurikulum wat geswot word is MIV/Vigs ingesluit. Al is dit byvoorveeld Geografie, sal dit nogsteeds deel maak van die kurikulum, nou jaag hul haar weg…plaas maak hul haar betrokke.

Boerseun ·

As die opgeleide gesondheidsparaktisuns en MIV-doktors wat nou kastig van die beste in die land is, beteken dit dat daar nie veel van hulle elders is nie.

Erika ·

Die land gaan bloei met die uittog van kundige mediese dokters as die nuwe Mediese plan van die regering ingestel word – kan ons werklik bekostig om die hoogs gekwalisiseerde kenner te verloor as gevolg van petti-reels?

Mpia le Katse ·

Onkunde, onbevoeg, onopgelei, onmenslik is bekende woorde in woordeboeke

B ·

Ek lees nou die dag op Twitter dat ‘n Kubaanse dokter in SA se kind nie keuring hier vir medies kon kry omrede die dokter ‘foutiewelik’ as blank geklassifiseer is. Die kind moes toe medies in Romenie (as ek reg onthou) gaan studeer het. (Na ‘n groot en onsuksesvolle stryd in SA om die klassifikasie te verander)

Jacques ·

Dit gaan op die einde van die dag n kwesie wees van slim vang sy baas . Die regering en sy ondersteuners is mos reg vir NOU . Hulle het klaar gekry wat hulle wou he , maar dit is n druppel in die emmer se kennis van wat die vrou se kennis is . Los die regering dat hulle , hulle eie ondergang bewerkstellig .

Manuela ·

Sy behoort heel tuis te voel in Frankryk. Sy sal verbaas wees hoeveel Afrika-mense is daar deesdae in Frankryk

Andre ·

Tipies anc. Ons sal n deskundige die land uitskop maar maak deure oop vir miljoene van Zimbabwe, Kongo, Nigerie, China, Pakistan en die res van Afrika. Ons sit eerder met n probleem as n oplossing. Miskien moes hulle haar 17 jaar gelede uitgeskop het dan sou daar nie soveel lewens gespaar gewees het nie.
Vat asseblief al die antiretrovirale medisyne saam met jou.

Emma ·

Jy is te wit dr. Moenie 2keer dink nie trek hiet vermoor hul in elk geval die wittes.

Adri ·

Met geen vooruitsigte in Frankryk nie, kan ek jou belowe jy het ‘n beter toekoms daar as hier. Na 19 jaar in SA het dinge in Frankryk darem nie te geel verander nie. Jy sal dadelik weer tuis voel en gou-gou weer n sukses maak van wat ook al. Sterkte. Wens ek kon my kinders saam met jou stuur. ?

Vermeendes ·

Nou ervaar sy eerste hands die uitwerking van die Franse se sanksies teen SA, dit is wat hulle wou gehad het vir SA.

marous ·

Gaan huil maar in frankryk oor die vriendelike afrika behandeling .

Sylvia ·

As ek lees van alles wat afgebrand word, mense wat vermoor word, sien in my geestesoog hoe ons al hoe verder en verder begin terug beweeg uit die beskawing; na daardie tyd toe daar nog geen ontwikkeling in Suid Afrika was nie – nog voor Jan van Riebeeck se koms.

Blondie ·

Die beste wat sy nou kan doen is om vir haar Franse burgers die waarheid te gaan vertel oor hoe dinge hier staan. As ek so na haar gesig kyk lyk sy vir my baie goed ingelig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.