Eerste entstof Maandag in SA

(Argieffoto: Unsplash)

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, sê die eerste besending entstof teen Covid-19 sal Maandag in Suid-Afrika aankom.

Mkhize was Woensdagaand deel van ʼn webinaar oor Suid-Afrika se beoogde inentingsprogram.

Volgens die minister vertrek die vlug met die eerste besending dosisse Sondag uit Indië en word dit ʼn dag later by die OR Tambo-lughawe in Gauteng verwag.

Tydens die eerste fase van die program sal die entstof op drie platforms, waaronder deur mobiele spanne en inentingsentrums, versprei word.

Prof. Koleka Mlisana, hoof van die mikrobiologiedepartement by die Universiteit van KwaZulu-Natal, het by die webinaar weereens die belang van korrekte inligting oor die entstof benadruk.

Terwyl talle gerugte en bespiegelings die ronde doen, het Mlisana die versekering gegee dat daar geen mikroskyfie of opsporingstoestel van enige aard in enige entstowwe is nie, dat alle bestanddele daarin aan die regulatoriese owerheid verklaar moet word en dat dit nie mense se DNS sal verander nie.

“Entstowwe dra ʼn stel aanwysings na menslike selle wat die liggaam toelaat om daarop te reageer en siektes te beveg,” het Mlisana gesê.

Suid-Afrikaners sal op ʼn elektroniese entstofdatastelsel – ʼn veilige platform – registreer om die entstof te ontvang. Die stelsel sal dan uitstippel waar en wanneer die entstof aan iemand toegedien word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Boer ·

As die endstof uit India kom dan moet die Gupta’s ñ vinger in die pie hê !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Samuel ·

Alles uit Indië is nie sleg nie. Wat het Guptas met SII te doen?? Word wakker.

Boer ·

Soos die land met korupte poletieke leiers moet hulle seker betrokke wees. The Gupta family is a wealthy Indian-born family. Hulle kom van India en hulle het hierdie land verwoes.

Boer ·

Sory net reg stel Hulle saam met die ANC het die land vewoes.

Francois Le Cochon ·

Boer, Indie se mediese wetenskap is baie gevorderd, ver meer as SA s’n, veral op die gebied van kanker. Baie SA’ ners gaan soontoe vir kanker behandeling. Dit kos ook net ‘n tiende van wat die behandeling in SA kos.

Die Wolf ·

Het nog steeds n probleem met die verspreiding van die entstof. Hoe gaan dit afgelewer word? Het hulle al die toerusting wat dit gevries hou. Help nie om te versprei as dit ontvries het nie.

Piet ·

Hierdie entstof hoef nie gevries te word nie. Kan tussen 2 en 8 grade Celsius gstoor word.

Samuel ·

Baie lande. SII is wêreld se grootste vervaardiger van entstof.

Johann ·

Hoekom Indië? En ek neem aan as dit Maandag hier is moet ‘n paar kaders seker eers vir hulle BEEEBEBEBEEE status ‘n paar as ‘n “grant” kry?

En is daar genoeg inspuitings? Of gaan die entstof R3.29 kos en die inspuiting R707.70 PLUS ‘n ANC Bybetaling en admin fooi van R321.27? En n “rounding” tot by die naaste R10 000?

Hennie J ·

Die ou wat homself die president noem en die witmense as tweederangse burgers hanteer, het gese verspreiding moet deur swartbemagtiging gedoen word. Dinsdag sal jy hordes verkopers. behoorlik toegerus met koelbokse, by ort lughawe sien, reg om voorraad te kry!!!!!

Andrew ·

Soos ek die storie verstaan vertrek die vliegtuig Maandag uit Indie en gaan dan eers Dubai toe dan SA toe.

Piet ·

Ek het 2 probleme met hierdie besending. Eerstens is dit ten duurste aangekoop. Ons ryk regering het blykbaar amper driekeer meer daarvoorvoor betaal as wat die rykste lande daarvoor betaal het, dit natuurlik omdat ANC gesit en slaap het en nou ter elfder ure moes onderhandel. Tweedens is 2 shots nodig met die betrokke entstof wat definitief ‘n nog groter logistieke probleem gaan skep in ‘n land soos SA. Die slapers moes maande terug al die goedkoopste, beste, 1 shot entstof bestel het. Maar dis mos te logies, ons weet mos logika ontbreek.

Mossie ·

Hoop regering kan hierdie keer bewys van korrupsie vry lewer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.