Eerste foto’s: Harry en Meghan in SA

Harry en Meghan, die hertog en hertogin van Sussex, groet inwoners van Nyanga tydens hul besoek aan die township. (Foto: Courtney Africa/ANA)

Prins Harry en Meghan, die hertog en hertogin van Sussex, het voet aan wal in Suid-Afrika gesit – en hulle is reeds gul hier verwelkom.

Die Britse koninklikes en hulle babaseuntjie, Archie Mountbatten-Windsor, het Maandag op ʼn kommersiële vlug in Suid-Afrika aangekom vir die eerste been van hulle toer van Suidelike Afrika.

Hulle is kort ná hulle aankoms by die Kaapstad- internasionale lughawe na die Metodistekerk in Nyanga, waar talle aanhangers hulle ingewag het.

Die egpaar is met ululering, die swaai van vlaggies en tradisionele danse verwelkom.

Hulle is Nyanga toe om Justice Desk, ʼn inisiatief wat kinders leer oor hulle regte, selfbewussyn en veiligheid, asook selfverdedigingsklasse en opleiding in vrouebemagtiging aan jong meisies in die gemeenskap aanbied, te besoek.

Justice Desk word ondersteun deur koningin Elizabeth II se Statebondtrust, waarvan Harry as president dien. Meghan is sy adjunk. Die organisasie het reeds meer as 35 000 individue, skole en gemeenskappe gehelp.

Harry en Meghan besoek ook later vandag die Distrik Ses-museum.

Die twee sal tydens hulle tien dae lange besoek aan die vasteland fokus op kwessies rakende gemeenskappe, leierskap, vroueregte, geestelike gesondheid, MIV/vigs en omgewingsake. Hulle gaan onder meer met emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu ontmoet.

Harry vertrek later na Angola, Botswana en Malawi waar hy verskeie organisasies gaan besoek en projekte bekend sal stel.

Meghan en Archie sal in dié tyd in Suid-Afrika agterbly.

Die besoek aan Suid-Afrika is die gesin se eerste reis saam. Harry het vroeër gesê hy is baie opgewonde daaroor, omdat Afrika hom na aan die hart lê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

88 Kommentare

Theresa ·

Sug…………………………………………………………………………………………………………………………….

Dr Pieter van der Dussen ·

Ek sug saam…….. My lewe gewy om van die spul pntslae te raak, saam die Vryheidsklok op Kerkplein middernag 30 Mei 1961 hoor galm en huilend die HERE gedank….. En dan kom befoeter hierdie nageslag van Queen Victoria die rus van my oudag – sy wat die Britse oorlog met sy moordkampe met Koninklike gesag genagtig het waarvoor nooit berou betoon is nie, wie se opvolgers inteendeel hulle vyandigheid teenoor ons tot vandag toe voortsit maar voor ander volke en gemeenskappe ootmoedig neerkniel en vergiffenis vra – veral die huidige Elizabeth en haar seuntjie en haar komende opvolgster.
Dankie vir die hoofsaaklik goeie kommentaar. Dit gee my moed dat ons heslag se onvermoeibare stryd om in ons geroepenheid tot stryd en kerstening van aarde en veral van mense klaarblyklik nóg verby nóg vergeefs en veral nóg vrugteloos was en is. Wie by ons is, bly immers meer as wie teen ons is.

Chantelle ·

Ek hoop hulle besoek wit plakkerskampe ook. Armoede het 2 kante.

JR ·

Nee wat witmense bestaan nie vir hulle nie dink maar terug aan die Boere oorlog wie se plase hulle afgebrand het

Rob ·

Née wat, ek glo nie dit sal gebeure nie, maar meskien die families van wit kinders wat vemoor is.

Stand for change ·

Afriforum moet ‘n eis teen die Britse huis insit vir ons vroue en kinders wat hulle vermoor het in die konsentrasiekampe. Ons kan met daai geld die Afrikaner verhef uit die plakkerskampe.

Annatjie ·

Nou wat nou van klonialisme. Dit kom mos hoofsaaklik van Engeland af. Gooi hulle ook met verf.

Nelia van Zyl ·

Hulle is beslis niks van ons nie. Waarom die ophef? Ieder geval nie die Britse troonopvolger nie. Belangriker dinge tans in SA as sogenaamde BBP’s en kwansuise “celebrities”. Regtig!

Staan saam ·

Ag vader, behoede my. Het niks tyd vir die koninklikes van Brittanje nie. Wie het ons vroue en kinders kom uitmoor in die Suid-Afrikaanse konsentrasiekampe? 34,000 vroue en kinders vermoor deur die Britte. Nou wil hulle vir ons kom preek oor vroue en kinderregte? Julle het die monsters geskep vir wie julle nou kom preek.

PJ ·

Lyk my die koloniale verlede bleik nie nou ter sprake te wees nog minder “white monopoly capital” ??????

Abe ·

PJ.
Kry n bietjie jou gebruik van “ei” en “y” uitgesorteer, “blyk” nie “bleik” nie.

Hahaha ·

Ag Abe, bleik kan ook maar reg wees, want dit blyk my die gebleikte kleur van die koloniale tel net wanneer dit vir hul doel werk.

Lizzie ·

Meghan Kate is jou darem net een voor of dalk twee??? Kyk die skoene!!! Nee wat sy en ou Harry staan my glad nie aan nie.

Amelia ·

Lizzie, hoe lekker lag ek nou. Dit lyk soos China winkel skoene.

Herman ·

Ek sien die prinsie is hier vir geweld teen vroue en kinders – gaan wys hom n Konsentrasie Kamp Begraafplaas

Adri van Zyl ·

Wou ok sê. Ek hoop hulle besoek van die wit plakkerskampe. En sommer ook van die konsentrasiekampe en museums met fotos van ons uitgehongerde vrouens en kinders. Asook di plase wat afgebrand is…….

Buffel ·

Die britse koningshuis is ‘n voorbeeld van “jy kan nie klas koop nie”.

O aarde ·

Terselftertyd sommer skuld erken vir die moord van 6 van my grootooms en tantes in sy Empaaier se konsentrasiekampe.

Staan saam ·

Wanneer gaan Afriforum ‘n genocide eis insit teen die Britse koningshuis vir die 34,000 vroue en kinders wat hul hier laat sneuwel het in die konsentrasiekampe? Nou is die tyd Aftiforum, hul het hulsrlf mos nou in die kollig geplaas. Eis genoeg om ons blankes uit die plakkerskampe op te hef.

Lulu ·

Wat n grap! Als net n PR stunt vir self bemarking. Soos voorheen gemeld … Lyk my kolonialisme is nie van toe passing op hulle nie.
Wat se verskil kan die 2 super bevooregtes op die ellende in afrika maak ? Nog n NGO stig en n geldjie stuur, fotos van desperate honger snotneus kinders wat na hulle opkyk soos verlossers.
Sekerlik is daar gratis kos op die Prinslike wederkoms funksies on die mense te lok …ander sal min opdaag.
Ek wonder waar al die brandstigters en protesteurende students teen kolonialisme is….

Ilze ·

Net so Lulu. Hulle seker die dood voor die oe gesweer as hulle iets sou waag.

se net ·

Eerlik, ek het geen tyd vir die engelse klomp nie. Rek jul monde as jul eenkeer in n optog en op
n moordtoneel op n plaas was. Rubbish

Niks teen die opregte engelse mense in SA nie.

HEVW ·

Die vroue- monument en die Paul Kruger standbeeld. mmmmmmmmm miskien moet hul maar liewer wegbly

HAB ·

Jaaa. Tot hulle ook vermoor word hier.
Wees maar versigtig hier in SA.

marous ·

En almal val op die kniee voor die grootste mense regte skenders se nasate. In wie se opdrag het die gillery teen kolonialiste nou skielik tjoepstil geword ? Want afrika se korrupte leiers buig steeds die kniee voor die skeefste kroon ooit .

Pretoriaman ·

Stuur hulle om draai te maak by JC Roos in Milpark Hospitaal

Jimmy ·

Mooi prentjies uit die 19de eeu. Nou moet hulle nog net die Blou Trein ry,

Sinies ·

Hoekom is die mense wat die Epstein pedofiel beskerm, nuus?

Soek hulle werwingsgebied vir nog kinders wat geen beskerming het nie? Siek!

Wingman ·

Dit lyk nie goed nie. Ryk wittes en arm swartes. Malema moet optree.

WESKUS NOOI ·

Grappie!

Hahaha! Wat kan Julius sê?

Blankes se geld net goed genoeg en dis al wat hy soek!

Gert van Wierdapark ·

Ek hoop darem dat daar nie per abuis n “verkeerde vlaggie” geswaai is nie!? Die waaier sou sekerlik op sy “Harry,” gekry het! He-he!

WMirabilis. ·

Miskien moet iemand vir hulle Raath en Wessels se jongste boek oor die Britse konsentrasiekampe van die die Anglo-Boereoorlog – *Onthou! Kronieke van vroue- en kinderlyding, 1899-1902*, skenk en sommer vir die queen ook een saam stuur.

Foxi ·

Stem volkome saam…….
Ongeregtigheid sal eenvoudig net aangaan. Niemand wil egter die werklikheid raaksien nie. Voel die Britte skuldig miskien?

c ·

Hoop hulle kom veilig weer by hulle paleis aan. Wil nie sê wat ek eintlik wil sê nie, want dan gaan my kommentaar nie geplaas word nie. Hoop ook hulle besoek die oorlewendes van die plaasaanvalle.

Susara ·

Hoe bou n mens nou n nasie met so n klomp suurknolle wat in die verlede bly leef en klippe gooi… Julle verwag dan seker nie dat ons SA blankes vergewe moet word vir ons verlede nie. Hoe ironies

Dolf ·

Susara, baie 50 plussers het in huise groot geword waar oupas in die Boereoorlog geveg het. Van hulle het gesneuwel. Ander is na kampe in die buiteland gestuur. Jong kinders is saam met ouer mans en vrouens in konsentrasiekampe geboender, sonder genoeg kos en medisyne. 28 000 het gesterf. Na die oorlog het die oorlewendes teruggekeer na plase met niks. Van hulle het in Brits beheerde goudmyne kom werk vir lae lone en aan longtering gesterf. Daar was verlore generasies. Die “suurknolle” sal nooit vergeet nie.

WESKUS NOOI ·

Goeie idee dat hulle die oorlewendes van plaasaanvalle besoek,
Asook die Vroue-monument ook! En sommer ‘n paar wit plakkerskampe ook!
Maar ons almal weet, ons het ‘n beter kans om te sing op die maan, as wat dit ooit gaan gebeur.

En Ja, almal moet mos deesdae om verskoning vra vir die verlede.

Dalk moet Afriforum dit ook vra van Brittanje!

Maar ek gaan nie my asem ophou vir so ‘n gebaar nie!

Maar die wiel draai en God slaap nie. Hy is ‘n regverdige regter, hulle dag, sal hulle kry!

Ig ·

Eish, om een of ander rede word my kommentare nie geplaas nie.Weet die koniklikes dat hier blanke en kleurling mense ook in SA bly?

Ig ·

Vorige kommentaar is nie geplaas nie. My hond het die foto gesien van die royalty en het 5 meter vêr geblerts.

Swartwolf ·

Wat ‘n grap. Besoek die “mees kwesbare” gemeenskappe in Nyanga. Besoek asb ‘n paar plaasmoorde ook, asook ‘n paar misdaad tonele waar renoster lewendig onthoring word. Dan herdink hulle die konsep van die mees kwesbare.

Jdb ·

Miskien kan hulle ons gesin se besittings opspoor wat in Mei deur twee van daardie selfde Nyanga- gemors in ‘n “smash & grab” geroof is

Stephen ·

Gee terug ons Diamante. Weet julle hoeveel huise kan gebou word daarmee?? Die Township mense weet seker nie daarvan nie anders het hulle betoog.
So voorspelbaar dat die lot altyd eerste na die Townships toe hardloop. Skuldgevoel??

Pieter ·

Plek doen ou harry ons n groot guns en vat die klomp daar na hulle toe

Humbug ·

Nou hoekom moet one op en af spring van blydskap regtig? Beter dinge om met my tyd te doen.

Stephen ·

Skuldgevoel oor die verlede bedoel ek. Lord Kitchener het die swart mense net so vermoor en mishandel soos die Afrikaner boere gedurende die oorlog.
Waarom reel Afriforum nie ook optogte en protes nie? Ek voel vere vir die Britte.

Hans ·

Hoop hulle gaan wanneer hulle in Gauteng is’n besoek aan die Irene kinderbegraafplaas bring-‘n verwysing na die huidige veldtog teen geweld teen vroue en kinders.

Regtig? ·

As jy nou wil praat oor “white privilege”, hier is dit nou, hullle is SO uit voeling met realiteit dis eintlik scary????

CCB ·

Oe julle is almal sulke suurknolle ????. Dis heerlik om so bietjie lekker nuus te lees.

Ig ·

Eish, om een of ander rede word my kommentare nie geplaas nie.Weet die koniklikes dat hier blanke en kleurling mense ook in SA bly?

Ig ·

Skuus Maroela, sien julle is bietjie stadig om kommentaar te plaas. My kommentaar is geplaas. Kan julle nie liewer Dirk Herman of Kallie Kriel saam met hulle gades se dade plaas nie, ek is nou regtig nie lus om teen die Britse gespuis se gesigte vas te kyk nie.

RHG ·

Ig, jy klink vir my erg entoesiasties oor al jou bydraes oor ons geëerde gaste. Ek lag my dood.
Al die kommentare oor hoe min ooghare julle vir die Britte het, laat my wonder waarom dan hoegenaamd die artikel oopmaak? Mens lees tog net wat mens interesseer. : )
Arme tweetjies kan gelukkig nie Afrikaans lees nie. ; )

Dr Phil ·

Nota aan EFF en BLF: Julle eintlike koloniale teikens wat die skeppers is van white monopolistic capital, het pas opgedaag. En onthou hulle is vreemdelinge hier…

Kosie Kramer ·

Volgens `n artikel in `n onbetroubare bron wat ek bietjie vergeet het, is Harry en sy familie Afrika toe gestuur as straf, en om hulle uit die glitterati-media te hou, veral oor vroulief se uitsprake en dinge.

VanAfrika ·

Vat hulle vir ń staptoer na die berg met die plaasboere se wit kruise

Rupert Ashford ·

Ek sou saamgegaan het Angola, Botswana en Malawi toe as ek sy was…

Martin ·

Hulle het geen betekenis in die wereld nie. Die koningshuis kan maar tot nuut gaan.

Niklaas ·

Daar is seker genoeg lyf wagte. Anders was hul motor en haar handsakkie reeds geskaak en gegryp. Harry en sy vrou is darem nie in dieselfde liga as William en Kate nie.

Bekommerd ·

Neewat……ek volg dit nie. Geen respek vir die klomp nie. Hulle kan maar gaan. Gaaaaappppp

Oom Koos ·

Aandag redaksie: Die” voet aan wal” sin .Ek was nie bewus dat die koninklike egpaar per skip in Kaapstad aangekom het nie!.

Meisie ·

Ek wil al klaar opgooi oor hierdie 2 se reis en dis nog maar die begin.

Bach ·

Harry moet versigtig wees want volgens Malema is die beste witman ‘n dooie een.

Nicoleen ·

Hoop hulle gaan besoek ook Baie Wit Arm Plakkerskampe ook!!!!!!!! Sodat hulle kan sien dit is nie net die arme nie blankes wat swaar kry en in haglike omstandighede lewe nie. As hulle nie doen nie, het ek niks respek vir hulle nie.

Wonner ·

Laat hulle bietjie met die mense wat se vroue vermoor is op plase ook praat!! Hoe wreed word dit gedoen sommer gebrand en verkrag!!!

Ruiklont ·

Wonder, dink jy regtig hul voel iets vir die plaasmoorde, die boere is ‘n doring in hul vlees en geskiedenis

Marinda ·

Julle almal maak my dag. Lekker gelag vir van hierdie kommentaar darem.

Astrain ·

Die skeppers van Volksmoord en Verskroeide Aarde beleid en Kolonialisme, kom biekie hul “white guilt” aanspreek. Gaan asb huistoe!!!

M ·

Ek kry die mense baie jammer, hy is sy broer se spare, soos in “spare wheel”, indien die iets oorkom moet hy die leisels vat. Sy vader was nog steeds op sy beurt (70 jaar plus), maar die hoop beskaam. Eet slaap en babas maak is al wat oorbly. Soos ek se ons moet hulle innig jammer kry.

Ruiklont ·

Die Engelse konigshuis se basislyn is glad nie dié van ons nie, nl. die Woord van die lewende God; Vader, Seun en Heilige Gees. Hul is die voorbokke van die Orde, dus is ons ‘n doring in hul vlees. Moet niks, maar niks, van hul verwag nie. Hul het nie die integriteit om ons Blanke plakkerskampe te besoek nie.

Adam ·

SA blankes blameer anderskleuriges oor hulle baie verwys na apartheid wat reeds 25 jaar + gesterf het en dan wil daardie einste blankes die Anglo Boereoorlog wat meer as ‘n eeu gelede plaasgeving het, oorveg. Sny die swaard nie na beide kante nie?

Chid ·

Pragtige fotos! Goed vir ons beeld na buite. Enige( alle) hulp teen armoede, geweld teen vroue en kinders en renoster stropery word verwelkom.

Gerhard ·

Goeie more Suid afrika…..mapstieks, maar ons is darem maar bitter. Geen positiwiteit hier nie. Sterkte!

Janine ·

MM, wys meer foto’s asb? ook vd Royal baby. LOVE, LOVE die 2…al is hul koninglik, kom baie gewoon voor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.